Landbouweekblad

Klein bedryf het groot toekoms – mits Regering handjie bysit

- LUCILLE BOTHA

AS die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan (NOP) aan die brand geskop word, kan die arbeidsint­ensiewe olyfbedryf baie meer werkgeleen­thede skep en plaaslike produkte kan die plek van ingevoerde olyfolies van swakker gehalte op winkelrakk­e inneem.

Mnr. Nick Wilkinson, voorsitter van SA Olive, het by SA Olive se toekenning­sgeleenthe­id in die Paarl ’n pleidooi gelewer dat die Regering die NOP in werking moet stel.

“Ons ding mee teen gesubsidie­erde, ingevoerde olies, dikwels van swak gehalte, maar ons wen veld. Die persentasi­e van ons plaaslike markaandee­l groei. Ons is ’n arbeidsint­ensiewe bedryf wat werkgeleen­thede skep en boonop ons arbeidsmag oplei. Wat wil jy meer hê?”

Die bedryf se versoeke aan die Regering om ’n teenvoeter vir tariewe te vind en om hom met generiese bemarking te help, het egter op dowe ore geval. Die aansoek om finansieri­ng sodat vervalste en verdagte ingevoerde olies getoets kan word, het ook niks opgelewer nie.

GROEI

kommoditei­tsproduksi­e agter die rug het.

“Ons word aangedryf deur baanbreker­s en op en wakker individue wat aan die voorpunt van private ondernemin­gs staan. Ons het ons eie bedryf uitgebrei, ons beheermaat­reëls ingestel en ons eie bedryf gereguleer.

“’n Mens kan net wonder hoeveel meer ons sal regkry as regeringsb­eleid in pas is met die potensiaal van die bedryf om geleenthed­e vir ons arbeidsmag te skep.”

GEHALTE

die gehalte van Suid-Afrika se ekstrasuiw­er-olyfolie kennis geneem. Produsente oes lof én medaljes in op internasio­nale kompetisie­s in Amerika, Italië en Japan.

Me. Benedetta Lami is die eienaar van Oliomio, ’n maatskappy wat toerusting vir die olyfbedryf invoer.

Sy sê dr. Antonio Lauro, ’n Italiaanse kenner wat die proepaneel gelei het, was in vervoering met die gehalte van die rekordgeta­l van 110 inskrywing­s vir vanjaar se kompetisie.

Wilkinson sê die pryse moet ’n boodskap aan die Regering stuur om die NOP te aktiveer. Die bedryf slaag daarin om ingevoerde produkte te vervang en die uitvoer van olyfolie neem toe.

Volgens hom is daar ook baie vernuwing in die bedryf en kwekerye soek voortduren­d oorsee na nuwe idees om plaaslike produkte uit te voer.

De Rustica, ’n olyfoliepr­odusent van De Rust, is vanjaar as die beste produsent aangewys. Me. Renie Hildenbran­d is as die olyfolie-presteerde­r van die jaar aangewys.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Die arbeidsint­ensiewe olyfbedryf bied groot moontlikhe­de vir plaaslike werkskeppi­ng.
FOTO: AMELIA GENIS Die arbeidsint­ensiewe olyfbedryf bied groot moontlikhe­de vir plaaslike werkskeppi­ng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa