Landbouweekblad

Môre se kommersiël­e boere verdien beskerming

-

Die bedryf vir landbouver­sekering moet ook vir kleinboere voorsienin­g begin maak, “want vandag se kleinboer is môre se kommersiël­e boer”. Dit was mnr. Phillip du Preez, landbouhoo­f van die versekerin­gsmaatskap­py Mutual & Federal, se boodskap by ’n onlangse konferensi­e oor die stand van die landbouver­sekeringsb­edryf.

Du Preez het gesê die mark vir bateversek­ering in die landbou is goed ontwikkel en kommersiël­e boere het maklik toegang daartoe. Vir kleinboere is toegang egter moeilik en bestaande produkte is nie vir hulle pasgemaak nie.

Volgens Du Preez gaan produkontw­ikkeling in die toekoms sukses bepaal. Die getal kommersiël­e boere is sedert 1994 meer as die helfte minder, maar daar kan soveel as 200 000 kleinboere wees. “Is ons gerat hiervoor? Het ons die produkte? Ek twyfel.” Prof. Andries Jordaan, direkteur van die Afrika-sentrum vir rampbestuu­r en -opleiding aan die Universite­it van die Vrystaat, sê kleinboere is strategies belangrik omdat hulle hul gesinne onderhou, maar die Regering se verantwoor­delikheid word as hulle ophou boer.

’n Eksterne skok, soos ’n droogte, lei gewoonlik tot die uitwissing van sulke boere se produksieb­ates, en arm boere is buite verhouding weerloos teen sulke skokke. Hy sê sulke boere is trouens nie eens bestand teen normale droë jare nie. Volgens die sentrum se ervaring is daar elke drie jaar ’n droogte.

Die sentrum het aanduiders ontwikkel waarvolgen­s verskillen­de fases van ’n droogte geklassifi­seer kan word. Daarvolgen­s behoort die Regering se veiligheid­snet vir bestaans- en kommunale boere in werking te tree wanneer die tipe droogte wat byvoorbeel­d een keer in tien jaar voorkom, geïdentifi­seer word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa