Landbouweekblad

RISIKO | Beskikbare produkte haal nie die paal

- — Beriggewin­g deur CARIEN KRUGER

As multirisik­o-oesverseke­ring eerder inkomste as opbrengs verseker het, sou baie meer boere dié soort versekerin­g uitgeneem het, meen mnr. Deon Scheepers, dosent en navorser van die departemen­t van landbou-ekonomie, voorligtin­g en landelike ontwikkeli­ng aan die Universite­it van Pretoria.

Die produk wat tans op die mark is, se verkoopbaa­rheid daal volgens hom elke jaar.

“Ons het ’n heeltemal verkeerde produk vir boere. Dit werk nie vir hulle, die finansiers, die Regering of die versekeraa­rs nie,” het Scheepers op ’n konferensi­e oor landbouver­sekering gesê. Die indruk bestaan volgens hom dat dié soort versekerin­g duur is. Scheepers sê die tyd is nou ryp vir veranderin­g. “Die wisselvall­igheid van prys is baie groter as die wisselvall­igheid van opbrengs.”

Volgens Scheepers het Amerika vir die eerste keer in 1994 ’n produk getoets wat oesinkomst­e verseker. Daarna het dit opbrengsge­baseerde multirisik­o-versekerin­g vervang.

Scheepers voorspel dat só ’n produk, waar rand per hektaar eerder verseker word, só goed deur Suid-Afrikaanse boere gebruik sal word dat dit selfs nie eens meer nodig behoort te wees dat die Regering oesverseke­ring ondersteun nie.

Hy is onseker of dit ’n goeie of slegte ding sou wees as die Regering betrokke begin raak.

“Dinge in Suid-Afrika word gewoonlik gedoen wanneer die Regering nié betrokke is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa