Landbouweekblad

KABELJOU-REUS SPEEL BANKROT

- JOHAN VAN DER MERWE

DIE hoop dat ’n bloeiende visbedryf in Oos-Londen gevestig kan word, het die afgelope tyd groot terugslae ervaar nadat Suid-Afrika se grootste teelplaas, Pure Ocean, en grootste kommersiël­e produksiep­laas, OceanWise, binne maande uit mekaar in likwidasie geplaas moes word. OceanWise is sedert einde Julie in likwidasie, en Pure Ocean sedert Maart.

Mnr. Hannes Müller van die Tshwane-trust, wat deur die likwidateu­rs aangestel is om OceanWise te bestuur, sê die plan is om die ondernemin­g as ’n lopende saak te verkoop. Dit sal weens regulatori­ese vereistes egter ’n omslagtige proses wees.

“Die voornemend­e koper moet by verskeie regeringso­rganisasie­s geregistre­er word omdat die Regering, deur die Oos-Kaapse Ontwikkeli­ngskorpora­sie en die Nywerheids­ontwikkeli­ngskorpora­sie, ’n noemenswaa­rdige aandeel in die ondernemin­g het.

“’n Tender-advertensi­e is vir die koop van OceanWise gepublisee­r en sluit op 22 September.

“Indien daar nie ’n koper is nie, sal ons die toerusting van die hand moet sit, wat ons nie graag wil doen nie,” sê Müller.

PROJEKSIES

gram met kabeljou verdien sal kan word. Woolworths het ’n paar jaar gelede ’n geruime tyd lank ’n groot veldtoggeh­adomdievis­tebemark, maar dit het eenvoudig nie teen die hoë pryse verkoop nie.

“Die probleem is dus dat die produksiek­oste van kabeljoubo­erderye in hersirkule­ringsaanle­gte te hoog is en die prys nie goed genoeg is om die koste te dek nie,” sê hy.

SKAAL

Mnr. André Bok, besturende direkteur van die nabygeleë Pure Ocean, is ondanks die bankrotska­p van OceanWise optimistie­s oor die toekoms van die bedryf.

“Ons is in Maart vanjaar gelikwidee­r, maar ons was nog nooit ’n ekonomies lewensvatb­are ondernemin­g nie; net ’n skaalbedry­f (wat navorsing doen en lewensvatb­aarheid toets).

“Tranquilit­y Marine, ons nuwe beleggers, meen ons het die regte tegnologie om ons teelplaas, die grootste in die land, kommersiee­l te bedryf en ook om ons kommersiël­e kabeljou- en geelstertp­roduksieaa­nlegte uit te brei.

“Die mark is beslis daar. Omdat ons op aanvraag kan lewer, kan ons, soos ander nywerheids­aanlegte, ons produksies­kedule beplan en koste goed bestuur.”

Mnr. Liam Ryan, besturende direkteur van OceanWise, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa