Landbouweekblad

Boran is groot steunpilaa­r

Agter elke Boranboer skuil ’n verhaal oor hoe daar met dié merkwaardi­ge beesras kennis gemaak is. In die geval van mnr. Jacques Steenkamp (45) van Humansdorp was sy pa die inspirasie en hy het ook bankvas agter hom gestaan om sy droom uit te leef.

- Tel. of

Danksy ’n artikel oor die koms van die Boran na Suid-Afrika wat mnr. Jacques Steenkamp (45) se pa, Peet, met die eeuwisseli­ng in Landbouwee­kblad gelees het, is dié diere vandag een van die ekonomiese steunpilar­e op die plaas Zuurbron by Humansdorp.

Dáárdie dag toe sy pa hom nader roep om na die foto’s by die artikel te kyk (hulle het destyds met SA Vleismerin­o’s en Bonsmaras geboer), was Jacques se eerste reaksie dat hy nie kans sien om met iets te boer waarvan hy nog nooit eens gehoor het nie.

“Toe sê my pa: ‘Seun, maak ’n plan.’ Twee weke later stop hy my ’n vliegtuigk­aartjie in die hand en sê ek moet gaan kyk hoe die Keniane met Borane boer,” sê Jacques.

By sy aankoms op die lughawe Jomo Kenyatta in Nairobi is Jacques met ’n taxi na die Nanyaki-streek ongeveer 250 km daarvandaa­n. Ná ’n besoek van twee weke aan verskeie boere en die Ol Pejeta-embriospoe­lstasie het hy besef sy pa was reg. Die Boran sou die ideale ras wees vir hul plaas in die distrik Humansdorp.

Terug in die land het Jacques mnr. Terry McClintock, een van die Boran-pioniers in Suid-Afrika, gebel en gehoor van sy veiling.

“Ek het my boeglam geskrik toe ek sien wat die manne bereid is om vir bulle op daardie veiling te betaal en het dié dag niks gekoop nie. Gelukkig het Terry ná die veiling vir my 50 strooitjie­s geskenk waarmee ek Bonsmaras kon insemineer.

“Toe die eerste kruiskalwe­rs aankom, het dit ’n vuur in my aangesteek. Op Terry se volgende veiling het ons vier bulle teen gemiddeld BO: HEEL BO: R45 000 gekoop. Ek was ’n bietjie huiwerig om soveel te betaal, maar my pa het gesê as jy ordentlike bulle wil hê, moet jy vir hulle betaal. Dit was goeie raad.”

PRODUKSIEV­EILINGS

Nou, 14 jaar later en met tien produksiev­eilings agter die rug, was Jacques nog nie een dag spyt oor sy besluit nie. “Ek het sommer op die eerste produksiev­eiling van R15 000 tot R18 000 vir dragtige F1-Boranverse en R25 000 stuk vir die F2’s gekry.”

Jacques en drie van sy medeboere, mnre. Gert Barnard, Pieter van Vuuren (’n veearts) en Corn van der Watt, hou jaarliks op die derde Woensdag in September hulle B-4-produksiev­eiling. Verlede jaar is gemiddeld R32 000 betaal vir die bulle wat op die veilings verkoop is.

Vir Jacques, wat met nagenoeg 1 200 beeste boer, waarvan Nguni’s 20% en Bonsmaras 30% verteenwoo­rdig, is die uitstaande kenmerke van Borane hul geboortege­mak (die kalwers weeg gemiddeld net 25-28 kg by geboorte) en goeie weerstand teen bosluise.

Hul vrugbaarhe­id is ook ’n voordeel. Hy speen gemiddeld 95% van die vroulike diere wat gepaar word. Die kalwers se speengewig op sewe maande beloop 215-240 kg. Hy selekteer vir mediumraam-, rooi koeie met ’n gemiddelde gewig van 450-480 kg.

Die tollies en uitskotver­se word aan ’n voerkraal verkoop. Die beste verse word behou en as dragtige verse teen R8 500 uit die hand verkoop. Koeie met bulkalwers se prys is R9 000 en dié met verskalwer­s R9 500. Sy kopers is meestal van die omliggende distrikte.

VOERKRALE

Jacques beklemtoon dat Karan Beef prysgewys nog nooit teen sy Boran-speenkalwe­rs gediskrimi­neer het nie.

Sy teling is uit die McClintock-bloedlyn wat met bulle uit die kuddes Chan Te Mar en Sandsonia aangevul word.

Hy hoop wanneer sy seun, Peet, ná sy studie kom boer, sal daar minstens 50 rooi SP-Borankoeie in hul Boranstoet­ery Klein Zuurbron wees. 042 295 2734, xsinet.co.za. 051 410 0966 051 410 0951; www.boran.org.za. njalasafar­is@

 ??  ?? Mnr. Jacques Steenkamp (regs) en sy seun, Peet.
Mnr. Jacques Steenkamp (regs) en sy seun, Peet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa