Landbouweekblad

Vul graangewas­se aan met mikro-elementeko­rrels

Mikro-elemente speel ’n belangrike rol om gewasse hul opbrengspo­tensiaal te laat verwesenli­k.

-

Gewasse het nie net makrovoedi­ngstowwe soos stikstof, fosfaat en kalium nodig nie, maar ook noodsaakli­ke mikro-elemente om te verseker dat hulle presteer. Dit kan verduideli­k word aan die hand van Liebig se wet van minimum. Dit bepaal dat die element wat die mees beperkende is, die potensiaal van die gewas wat verbou word, sal bepaal. As sink dus die mees beperkende voedingste­kort by die gewas is, sal die voedingste­kort nie reggestel kan word deur die aanvul van bykomende stikstof nie.

DIE MIKRO-ELEMENTEKO­RREL

Suid-Afrika se droëlandgr­aanboere, veral die boere wat in westelike omgewings boer, verkeer onder groot finansiële druk – veral ná die afgelope somer toe die reënval besonder skraps was. Boere moet daarom hul sente omdraai en verseker dat hulle die voordeligs­te besluite oor produksiem­iddele neem.

Die ideaal is dat die boer alles in sy vermoë te doen om tydens planttyd die gewas die beste moontlike wegspring te gee. Dit beteken dat noodsaakli­ke mikro-elemente ook deel van die bemesting moet uitmaak.

Laeveld Agrochem het besef daar is ’n behoefte in die mark om noodsaakli­ke mikro-elemente kostedoelt­reffend en moeitevry tydens planttyd aan te vul. Saam met een van sy verskaffer­s het die maatskappy ’n mikro-elementkor­rel ontwikkel wat vyf van die noodsaakli­ke mikro-elemente bevat wat graangewas­se benodig: sink, mangaan, yster, koper en boor. Boere kan dit in hul plantermen­gsels inmeng.

TOEGANG TOT DIE MIKROELEME­NTEKORREL

Die mikro-elementkor­rel is spesifiek ontwikkel om deur kunsmisver­vaardigers by boere se plantermen­gsels ingemeng te word. Boere BO: REGS: kan dus hul huidige korrelkuns­misvervaar­diger versoek om die mikroeleme­ntkorrel by hul plantermen­gsel in te meng.

Die produk het dieselfde korrelgroo­tte en hardheid as die meeste ander grondstoww­e wat deur die vervaardig­ers van massakunsm­ismengsels gebruik word. Daar bestaan dus nie die gevaar dat die integritei­t van die ander grondstoww­e in die mengsel nadelig beïnvloed sal word deur die inmeng van die mikro-elementkor­rel nie.

VOORDELE

Gewasse kan net reageer op die stand van sake soos wat dit tans is. Hulle kan nie voorsien wat in die toekoms gaan gebeur nie. Deur die insluiting van die mikro-elementkor­rel in die plantermen­gsel word vroegtydig voorsienin­g gemaak vir die onttrekkin­g van vyf van die noodsaakli­ke mikro-elemente.

’n Verdere groot voordeel vir veral mielie- boere is dat dié vyf mikro-elemente beskikbaar is in die kritieke eerste vier tot vyf weke van die gewas se ontwikkeli­ng, waartydens die teoretiese oespotensi­aal bepaal word. Dit is belangrik dat tydens hierdie kritieke groeistadi­um geen voedingste­korte voorkom nie.

Mikro-elementkor­rels sal voordelig wees by ander gewasse waar boere nie tradisione­el met mikro-elemente bemes het nie. 012 940 4398.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Laeveld Agrochem het ’n korrel ontwikkel wat vyf van die belangriks­te mikro-elemente bevat.
Liebig se wet van minimum word deur die vaatjie uitgebeeld.
FOTO: VERSKAF Laeveld Agrochem het ’n korrel ontwikkel wat vyf van die belangriks­te mikro-elemente bevat. Liebig se wet van minimum word deur die vaatjie uitgebeeld.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa