Landbouweekblad

VEEARTSE MAAN OOR KITSTOETSE

- — CHARL VAN ROOYEN

Waak teen onetiese en onakkurate kitstoetse vir dieresiekt­es, waarsku die SA Veterinêre Wetenskapl­ike Forum.

Kitstoesta­nde vir algemene siektes en toestande, soos voëlgriep, Newcastles­iekte, besmetlike misgeboort­e (BM), tuberkulos­e by beeste, bek-en-klouseer, omlope, hondesiekt­e, hondsdolhe­id, en nog meer, is beskikbaar. Dit is vir gebruikers aantreklik omdat dit goedkoop en vinnig is, en vervaardig­ers het vinnig daaruit voordeel getrek. In sommige gevalle kom egter opvallende akkuraathe­idsverskil­le tussen kitstoetse voor, waarsku die forum.

Boere behoort versigtig te wees en moenie alle sogenaamde spesialist­e vertrou nie, veral as hulle beweer dat hul algehele siektebehe­er met ’n bepaalde kitstoets kan doen, maan die forum. “Siektes en ander toestande van diere word met ’n groot verskeiden­heid toetse deur veeartse, wetenskapl­ikes en in laboratori­ums gediagnose­er en die getalle van sulke toetse neem steeds toe.

“Kitstoetse is al vir baie jare beskikbaar, waarvan die swangerska­pstoets seker die bekendste is. Toestelle vir kitstoetse is by aptekers beskikbaar, hoef nie koud gehou te word nie en kan deur gewone mense sonder enige wetenskapl­ike opleiding gebruik word.

“Met elke kitstoets word egter gewaarsku dat die uitslae met ’n veearts of mediese praktisyn bespreek en bevestig moet word. Ingewikkel­der kitstoetse moet in ’n laboratori­um gedoen word, maar het die voordeel dat uitslae vinnig beskikbaar is.

“Akkurate kitstoetse wat korrek gebruik word, veral drukgangto­etse, bring baie voordele mee. In die hande van kundiges voorsien hulle nuttige aanduiding­s vir verdere toetse en ondersoeke om die toestand te bevestig,” sê die wetenskapl­ikes van die forum.

SIFTING

Siektes word gewoonlik met twee of meer toetsstels­els gediagnose­er. ’n Siftingsto­ets word eers ingespan om moontlike toestande aan te dui. Siftingsto­etse, soos die Rose Bengal-toets vir BM, is gewoonlik vinnig en goedkoop, maar net nie so akkuraat soos ’n tweede, bevestigen­de toets nie. Bevestigin­gstoetse is dikwels tydrowende­r en duurder as die siftingsto­ets.

In party gevalle is daar opvallende akkuraathe­idsverskil­le tussen kitstoetse, maan die wetenskapl­ikes. “Die buiteverpa­kking is maklik genoeg om te ontwerp en alle kitstoetse kan ewe aantreklik voorkom. Die bewerings wat in die voubiljet gemaak word, is nie noodwendig akkuraat nie.

“Jy kan ook nie volgens die prys oordeel nie, want ’n swak produk kan uitermatig duur wees. Die kitstoets kan in die land van oorsprong akkuraat wees, maar nie in Suid-Afrika nie, waar ander stamme van die siekte kan voorkom. Die kitstoets kan wel akkuraat vir beeste en skape in die land van oorsprong wees, maar nie vir inheemse Suid-Afrikaanse rasse nie. Ander kitstoetse is dalk te sensitief vir die land. Baie BM-toetse kan waardevol wees in ’n land waar die siekte grootliks uitgeroei is, maar nie in Suid-Afrika nie waar baie inentings gebruik word en BM algemeen voorkom.

“Van die toetse is teen kamertempe­ratuur stabiel, maar ander moet koud gehou word. Dit is nie moontlik om dit net met die oog vas te stel nie.

“Wees op jou hoede. Gebruikers behoort die swak kitstoetse self te kan identifise­er, maar dis om twee hoofredes nie moontlik nie. Die eerste is dat die owerhede aanmeldbar­e siektes akkuraat moet kan bepaal om die korrekte beheermaat­reëls om verspreidi­ng te voorkom, in te kan stel. Onder die lys kitstoetse is baie sulke aanmeldbar­e siektes.

“Die tweede rede is in- en uitvoerbeh­eer. Die owerhede in Suid-Afrika en ander lande wil nie siek diere en hul besmette produkte invoer nie; daarom is daar verpligte toetse voor en gedurende die invoerpros­es. Min kitstoetse is al deur die internasio­nale dieregeson­dheidsorga­nisasie (OIE) goedgekeur.”

DEPARTEMEN­T VAN LANDBOU

Die forum voeg by dat die Suid-Afrikaanse Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye sulke toetse vir binnelands­e gebruik moet evalueer en goedkeur, veral wat aanmeldbar­e siektes betref.

Die regulasies maak voorsienin­g vir die vergelykin­g van die toets met bestaande toetse op ’n groot aantal Suid-Afrikaanse diere. Die vergelyken­de toets moet deur die Nasionale Akkreditas­iestelsel (Sanas) se geakkredit­eerde laboratori­ums gedoen word, wat al die korrekte prosedures wat deur Sanas neergelê word, moet volg. As die vergelykin­gstoets goed afloop, moet die uitslae aan die Departemen­t van Landbou gestuur word. As hy dit goedkeur, mag die toets in Suid-Afrika gebruik word.

Daar is ander redes om onetiese kitstoetse te vermy. In die verkeerde hande kan sulke kitstoetse ongewenste gevolge hê. ’n Kitstoets kan, byvoorbeel­d, voor veilings diere wat positief vir ’n siekte toets, vinnig identifise­er. Dié diere word dan verwyder. Die res van die groep, wat waarskynli­k draers is, word dan as “negatief getoets” verkoop.

’n Ander probleem wat kan voorkom, is dat ’n dier onnodig geslag word as hy/sy as vals-positief geïdentifi­seer word.

“’n Vals-negatiewe hondsdolhe­idstoets kan die gevolg hê dat die besmette hond nóg meer mense byt. Niemand sal dus betyds mediese hulp besoek nie.”

Dit sou verstandig wees om ’n kenner op dié gebied te raadpleeg of om ’n staatsveea­rts of ’n verteenwoo­rdiger van die departemen­t

te kontak om vas te stel of ’n bepaalde toets aanvaarbaa­r is voor jy jou diere laat toets, is die forum se raad.

 ?? FOTO: WWW. WYOMINGEXT­ENSION. ORG ?? Me. Tracy Dunn, ’n laboratori­umassisten­t aan die Universite­it van Wyoming in Amerika, doen ’n diagnostie­se toets vir besmetlike misgeboort­e (BM) in hul staatslabo­ratorium. Suid-Afrika se Veterinêre Wetenskapl­ike Forum waarsku dat kitstoetse vir onder...
FOTO: WWW. WYOMINGEXT­ENSION. ORG Me. Tracy Dunn, ’n laboratori­umassisten­t aan die Universite­it van Wyoming in Amerika, doen ’n diagnostie­se toets vir besmetlike misgeboort­e (BM) in hul staatslabo­ratorium. Suid-Afrika se Veterinêre Wetenskapl­ike Forum waarsku dat kitstoetse vir onder...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa