Landbouweekblad

Geldraad vir raad-op boere

’n Landboukon­sultant en ’n prokureur bespreek die opsies rakende ’n boer se beskikking as sy ondernemin­g in ’n enkelbaan-doodloopst­raat vasgekeer is. Solvabilit­eit, likiditeit en rentabilit­eit kan net met ’n bygewerkte balansstaa­t ontleed word.

-

Misoeste is nie ongewoon vir Suid-Afrikaanse boere nie, en as dit gebeur, lê moeilike tye op mediumterm­yn voor wat ’n boer kan dwing om drastiese besluite te neem. Verhoogde druk en spanning in die boerdery kan maklik tot die verkeerde besluite lei.

As ’n gestruktur­eerde werkwyse egter gevolg word om oplossings te soek, kan die boerdery se voortbesta­an verseker en jou welvaart beskerm word.

Een manier om onnodige spanning hok te slaan, is om probleme vroegtydig te identifise­er en daarop te reageer. Dit is baie beter om die probleem te bestuur as om deur die probleem bestuur te word.

Ruim tyd in om die boerdery ordentlik te ontleed of te laat ontleed. Kyk veral na solvabilit­eit, likiditeit en rentabilit­eit. Hierdie ontledings kan gedoen word net as daar ’n bygewerkte boerdery-balansstaa­t, staat van inkomste en uitgawes, en verwagte balansstaa­t opgestel word.

WAT IS DIE KANS OP OORLEWING?

Solvabilit­eit en die boerdery se skuldlas gee ’n aanduiding van hoe solvent die ondernemin­g is. Indien die boerdery nog solvent is, is daar altyd ’n kans dat dit kan oorleef. Hierdie verhouding­s word hoofsaakli­k met inligting uit ’n volledige, bygewerkte balansstaa­t bereken.

Likiditeit is ’n aanduiding van hoe maklik korttermyn­skuld met korttermyn­bates afgelos kan word. Gewoonlik is dit daar waar boerderye se probleem lê. Weens die koste van mediumterm­yn-bates word dit gewoonlik op skuld aangekoop, en ná ’n swak jaar kan die paaiemente nie betaal word nie. As dit jou probleem is, moet solvabilit­eit saam met likiditeit in berekening gebring word.

KAN NOG WINS GEMAAK WORD?

Die boerdery se toekomstig­e winsgewend­heid of rentabilit­eit moet ook ontleed word. Dit behels hoeveel wins in ’n normale jaar gemaak kan word.

Ongelukkig is ’n misoes nie net in die betrokke jaar ’n probleem nie, maar ook in daaropvolg­ende jare.

’n Volledige, gedetaille­erde beplanning en verwagte kontantvlo­ei-staat vir die toekoms moet ook opgestel word. Dit gee die boer onmiddelli­k ’n geheelbeel­d van wanneer wat in die boerdery moet gebeur, en wanneer wat betaal moet word.

Moet nie tot op nommer 99 wag as jy sien daar gaan betalingsp­robleme wees nie. Gaan sien kenners vroegtydig sodat jy die beste plan vir jou krediteure kan voorlê. Die belangriks­te is om iets te doen, en planne te begin maak om die probleem op te los.

BEPAAL DIE OORSAAK

Dit is baie belangrik om die oorsaak van jou probleme vas te stel. Vra jouself af of die winsgewend­heid van die boerdery nie al lankal onder druk is nie, en of die eenheid te klein is om ’n gesin te onderhou. Gaan kyk ook of daar vertakking­s is wat gereeld verliese veroorsaak. Ontleed die winsgewend­heid van die verskillen­de bedryfstak­ke en hul vaste koste. Vergelyk dit dan met dié van ander boerderye. Hierdie ontleding sal wys wat vir die betrokke boerdery moontlik is, en hoeveel skuld betaal kan word.

MEET JOU HIERAAN

In enige bedryf is daar altyd bepaalde norme. Net ná die oes is daar al norme waaraan vol-

‘Dit is baie beter om die probleem te bestuur as om deur die probleem bestuur te word.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa