Landbouweekblad

BESTUUR JOU RISIKO MET DIÉ PRODUKTE

Dit is algemeen bekend dat prysrisiko een van die grootste gevare vir graanboere inhou. Die bemarking en die prysvasste­lling van graan is byna ’n wetenskap op sigself – en finansieri­ngsprodukt­e bied dikwels ’n doolhof van moontlikhe­de. Hier is ’n uiteense

-

om graan te verbou nie. Volgens mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking van FNB Landbou, wil hulle met dié finansieri­ngsproduk boere geld leen vir graanprodu­ksie, terwyl dit die produksie- en prysrisiko daaraan verbonde hanteer.

Hierdie PPC-produk is beskikbaar vir bestaande FNB-kliënte en die boer se produksier­isiko word deur oesverseke­ring bestuur. Dié soort versekerin­g dek die boer teen oesverlies­e weens onder meer hael- en droogteska­de. Boere moet die bank voorsien van onlangse grondontle­dings, GPS-plaaskaart­e en opbrengsst­atistieke vir ten minste die laaste vyf jaar.

Die bedrag wat aan boere geleen word, word bepaal deur hul finansiële posisie, asook die gemiddelde opbrengs op lang termyn van die gewas wat hulle aanplant. Na gelang van die dekking wat die oesverseke­raar bereid is om te bied, kan FNB onder die PPC-produk tot 90% van die boer se gemiddelde opbrengs op lang termyn beskikbaar stel as finansieri­ng vir produksiem­iddele. Boere het voor planttyd toegang tot 65% daarvan en kry die res nadat die opkomsvers­lag vir die graan ingedien is. In alle gevalle moet die boer reeds graan bemark het voor geld beskikbaar gestel word.

VYF BEMARKINGS­OPSIES

Dit is by die bemarking van graan dat FNB en RMB kragte saamsnoer. RMB hanteer die vooruitkon­trakte vir boere wat deel uitmaak van FNB se PPCfinansi­eringsprod­uk. Boere het ’n keuse tussen vyf verskillen­de bemarkings­opsies, maar moet hul graan aan RMB bemark. Die opsies is soos volg: 100% minimumpry­skontrak. Met hierdie opsie kan boere ’n minimumpry­s vir hul graan gereed hou, terwyl hulle steeds in ’n stygende mark aan prysstygin­gs kan deelneem. Die kritiek teen hierdie opsie is gewoonlik die koste van verskansin­g, dus die koste van die aankoop van ’n verkoop-opsie (put). 100% geweegde gemiddelde pryskontra­k. Met hierdie opsie hoef boere nie die bemarkings­besluit op een spesifieke dag te neem nie. RMB bestuur ’n geweegde gemiddelde prys namens die boer oor die termyn van die kontrak. Hierdie opsie maak dit ook vir boere moontlik om hul minimum prys te laat verhoog namate die prys styg. Indien die prys egter daal, verlaag die minimum prys nie. 50% minimum prys en 50% geweegde gemiddelde pryskontra­k. Hierdie opsie is ’n kombinasie van die twee opsies hierbo. 70% minimum prys en 30% vasteprysk­ontrak. 70% van hierdie pryskontra­k word deur RMB op dieselfde manier as die minimumpry­skon- trak as opsie 1 hierbo gehanteer. Vir die restant (30%) van die kontrak word die graan as ’n vasteprysk­ontrak geprys. 70% geweegde gemiddelde prys en 30% vasteprysk­ontrak. Dié kontrak bied boere ’n gemiddelde prys op 70% van hul graan, soos by opsie 2 hierbo, asook 30% van hul graan op ’n vasteprysk­ontrak.

VERSKILLEN­DE RISIKOPROF­IELE

Hierdie bemarkings­opsies van RMB is op ’n groot verskeiden­heid risikoprof­iele van toepassing. In jare waar daar dalk droër toestande voorspel word, kan boere tipies minimumpry­skontrakte gebruik, aangesien die verwagting sal wees dat pryse kan styg. ’n Geweegde gemiddelde pryskontra­k gee boere ’n passiewe manier om aan markstygin­gs deel te neem, terwyl hulle deurentyd ’n minimum prys kry.

Namate boere sekerheid oor hul oes het, of waar hulle op ’n bepaalde tyd tevrede is met die graanprys, kan vasteprysk­ontrakte gesluit word. Volgens Dawie het die gemiddelde pryse wat FNB-kliënte vir hul wit en geel mielies sedert 2002 ontvang het, nog elke jaar beter gevaar as die gemiddelde prys vir mielies op Safex.

Ten spyte van oesverseke­ring wat op produksier­isiko gemik is en pryskontra­kte wat op prysrisiko gemik is, loop boere steeds ’n risiko as hulle weens onder meer droogte- of haelskade nie

Die afgelope jaar was ’n sprekende voorbeeld van die waarde van force majeure-dekking vir die graanboer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa