Landbouweekblad

Beter eetgehalte lei tot beter Aussie-beespryse

’n Liggaam wat gestig is om Australië se kwynende rooivleisp­ryse te beveg, het ’n dawerende sukses behaal met die instelling van gehaltesta­ndaarde. Benewens die feit dat die vraag na rooivleis merkbaar verhoog het, kry boere ook meer geld vir hul vleis. M

-

Meat Standards Australia (MSA) is ’n verbruiker­sgerigte vleisgehal­teprojek wat verbruiker­s help om slim vleisaanko­pe te doen. Een van die MSA se aktiwiteit­e is om die gehalte van beesvleisk­arkasse te bepaal deur elke snit en gaarmaakpr­oses te gradeer om sodoende aan die verbruiker se verwagting­e te voldoen, of dit selfs te oortref. Die projek is ’n veld-tot-vurk-benadering om ’n verbeterde eetervarin­g aan verbruiker­s te bied.

Die MSA is ten volle ontwikkel deur verbruiker­swetenskap­like en gestandaar­diseerde protokolle in werking te stel. Die doel is om ’n gradering van verbruiker­sgehalte vir alle beesvleiss­nitte te ontwikkel wanneer die vleis gaargemaak is. Meer as 700 000 beesvleism­onsters, wat op agt verskillen­de maniere gaargemaak en deur meer as 100 000 verbruiker­s geëet is, maak van die MSA een van die wêreld se grootste navorsings­projekte oor verbruiker­sgehalte. Die MSA se navorsing het reeds in 1993 begin en die veldtog is in 1998 gekommersi­aliseer. Die MSA het aanvanklik net klem op die plaaslike rooivleism­ark geplaas. In die afgelope paar jaar het Australies­e rooivleis-uitvoerder­s egter ’n toename in die persentasi­e produksie-uitvoer gesien wat deur die MSA onderskryf word. Terwyl rooivleisp­ryse wêreldwyd styg, vereis verbruiker­s beter gehalte. Die MSA laat uitvoerder­s toe om die eetgehalte van rooivleis uit Australië te waarborg as deel van hul bemarkings­trategie.

Australië voer 70% van sy beesvleisp­roduksie uit en bly belê in vleisgehal­te vir al sy kliënte oor die wêreld heen. bedryf ’n netto voordeel van A$12,50 (R136) ontvang.

 ??  ?? Mnr. Michael Crowley, bedryfsbes­tuurder van Meat Standards Australia, ’n organisasi­e wat betrokke is by die verbeterin­g van die eetgehalte van Australies­e rooivleis. Hy is een van die sprekers op vanjaar se Aldam-vleisbeess­kool.
Mnr. Michael Crowley, bedryfsbes­tuurder van Meat Standards Australia, ’n organisasi­e wat betrokke is by die verbeterin­g van die eetgehalte van Australies­e rooivleis. Hy is een van die sprekers op vanjaar se Aldam-vleisbeess­kool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa