Landbouweekblad

Lê deurkruipg­ewoontes van wild aan bande

Die gebruik van ou bande, fietswiele of swaaihekke as deurgange vir wilde diere hou talle voordele in. En, met die samewerkin­g van bure, kan boere ’n meer proaktiewe rol speel in natuurlewe wat meestal ongesiens plaasvind.

-

KORTOM ■

Die instandhou­ding van draadheini­ngs, veral waar erdvarke, bosvarke of vlakvarke graag onderdeur kruip, plaas boere gewoonlik in twee groepe. Die een groep is amper obsessief daaroor en stop elke gaatjie toe, terwyl die ander die stryd gewonne gee en maar toelaat dat Gods varke oor Gods akker loop. Uit ’n ekologiese oogpunt is laasgenoem­de natuurlik reg, want dit maak nie sin om onskadelik­e wilde diere onnodig in te hok nie.

Hoe jy ook al daarna kyk: gate in heinings kos geld; nie net om hulle gereeld toe te maak nie, maar ook deur wat jy kan verloor as gevolg van wat in- of uitkom.

Volgens die bioloog dr. Florian Weise van die N/a’an ku sê-navorsings­program naby Windhoek in Namibië kan kunsmatige deurgange gemaak van ou motorbande die onderhouds­koste van heinings verlaag. Dit kan boonop roofdierdr­uk op ingekampte wild verlig.

Hy sê veral wildwerend­e heinings wat ál meer opgerig word, is sleg vir die beweging van talle wilde diere wat nie noodwendig deel is van die wildplaas of boerdery nie.

Deur deurgange in die heinings op strategies­e plekke (soos naby waterpunte) in te bou, verminder dit die aantal gate wat kruipers maak. Jakkalse en ander roofdiere gebruik dan dié deurgange. Elke boer moet besluit in watter mate hy bereid is om saam met roofdiere te leef. Onthou dat party roofdiere, soos luiperds, sommer bo-oor heinings klim. Dit maak beheer byna onmoontlik.

Voor Florian en sy span 49 motorbande (met ’n deursnee van 40 cm) in ’n ongeëlektr­ifiseerde Bonnox-heining (2,4 m hoog en 19 km lank) op ’n wildplaas aangebring het, moes die eienaar die heining daagliks vier tot vyf uur lank patrolleer om gemiddeld 30 gate toe te maak. Ná die installeri­ng van die motorbande het die aantal gate afgeneem tot 13 per dag en die werk tot slegs twee uur.

Florian reken dit is ’n kostedoelt­reffende alternatie­f vir roetine-instandhou­ding van heinings. Die bande se openings moet nou en dan skoongemaa­k word waar grond ophoop.

Nadat die band in die deurkruipg­at aangebring is, word twee staalpale aan weerskante ingekap en met kettings geheg.

BEWEGINGSP­ATRONE VAN WILD

Florian het die navorsing gedoen op die grens van ’n wildreserv­aat en ’n beesplaas in private besit. Die beweging van diere deur een van die bande is dopgehou deur ’n outomaties­e infrarooi-kamera. Uit 100 waarneming­s het 11 soorte soogdiere die band gebruik. Daarvan was ses karnivore (waaronder jagluiperd­s, rooikatte en luiperds), maar rooijakkal­se en ystervarke was die hoofgebrui­kers, met jagluiperd­s en vlakvarke kort op hul hakke.

Volgens Florian het vlakvarke al 49 van die bande gebruik en – volgens die spore – het bobbejane, duikers, tarentale, steenbokki­es én ratels van tyd tot tyd deurgeglip. Net een

 ?? FOTO: STUART J. MUNRO ?? Dit is baie maklik om ’n ou buiteband te installeer. Nadat die band in die deurkruipg­at aangebring is, word twee staalpale weerskant ingekap en met kettings geheg.
FOTO: STUART J. MUNRO Dit is baie maklik om ’n ou buiteband te installeer. Nadat die band in die deurkruipg­at aangebring is, word twee staalpale weerskant ingekap en met kettings geheg.
 ?? FOTO’S: N/A’AN KU SÊ-STIGTING ??
FOTO’S: N/A’AN KU SÊ-STIGTING
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa