Landbouweekblad

Tunakoekie­s

-

2 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny 1 blik (170 g) tuna, goed gedreineer 60 ml fyngekapte vars pietersiel­ie 1 ekstragroo­t eier Mespunt peperworte­lroom (horseradis­h cream) Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen Sout en vars gemaalde swartpeper Olie, vir braai

Kook die aartappels in ’n pot soutwater tot sag, dreineer en druk fyn. Meng die fyngedrukt­e aartappels, tuna, pietersiel­ie, eier, peperworte­lroom, suurlemoen­sap en -skil en sout en peper na smaak. Bedek en verkoel vir minstens 30 minute, of tot die mengsel ferm genoeg is om koekies te vorm. Braai die viskoekies in ’n bietjie olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Sit voor met slaai of groente en ’n suurroom- of tartaarsou­s. Lewer 4-5 viskoekies. 2 ml komyn 250 ml witrys 500 ml vis- of groenteaft­reksel Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 1 blik (170 g) tuna, gedreineer 375 ml bevrore ertjies 3 gekookte eiers, afgedop en in wiggies gesny

Verhit die botter in ’n pan en braai die ui en soetrissie daarin tot sag. Voeg die kerriepoei­er, borrie en komyn by en braai tot geurig. Voeg die rys by en braai tot die ryskorrels met ’n vet-en-speserylag­ie bedek is. Voeg die aftreksel by en geur liggies met sout en peper. Verhit tot kookpunt, draai die hitte laag en bedek die pan. Prut vir ongeveer 20 minute oor lae hitte tot die rys al die vloeistof geabsorbee­r het. Voeg die tuna en ertjies by en meng liggies deur. Bedek en laat stoom vir nog 5-10 minute. Rond af met wiggies gekookte eier en sit voor met slaai. Lewer 4-5 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa