Landbouweekblad

Ou baan, puik gholf

Die George-gholfbaan word as dié tuin van die Tuinroete beskou. Hierdie boomryke baan was mooi lank voor dit mode was om mooi gholfbane te bou – en nie net omdat dit aan die voet van die Outeniqua-berge lê nie.

-

Die George-gholfbaan is altyd in ’n uitstekend­e toestand en bied alles wat nodig is vir ’n genotvolle, bekostigba­re ronde sonder om die spel té maklik te maak. Jy sal ver moet ry om beter te kry.

Houe wat van lyn af is of verkeerde stokkeuses word kwaai gestraf deur bome of een van die 33 sandkuile. Die setperke is ook vinnig. As jy nie een van vandag se jong tiere is wat kortpad kies nie, help dit as jy jou bofhoue kan shape, soos die Engelsman sê, sny (fade) of trek (draw).

Die syfer drie-putjies, waarvan daar net een op die eerste nege is, is goed gebalansee­rd – party is opdraand, ander afdraand en hulle verskil ook taamlik in lengte. Party syfer viers is korterig, maar nie een is eenvoudig nie. Slim spelers verkies dikwels eerder ’n yster as ’n drywer van die bof af. Die syfer vyf-putjies is lank genoeg om enige speler probleme te gee.

Die eerste putjie – ’n korterige syfer vier met ’n dam aan die linkerkant en ’n sandkuil reg voor die setperk – maak jou sommer lus vir die ronde. Bob- by Locke, die Suid-Afrikaanse gholflegen­de, het die sewentiend­e en agttiende putjies as die moeilikste laaste twee putjies van enige baan in die land beskryf – dit kan jou telling lekker deurmekaar­krap! Nommer 17, wat ook tel as een van die beste syfer drie-putjies ter wêreld, is redelik lank, met ’n kleinerige setperk wat deur vier sandkuile beskerm word. Hier is dus min ruimte vir foute. Nommer 18 is ’n taai syfer vier van 370 m. As jou tweede hou hier regs van die setperk beland, is jy in die moeilikhei­d of, soos die lede sê, in die slangput.

EENVANLAND­SE BESTES

Die George-gholfbaan word al lank beskou as een van die land se bestes. Golf Digest het dit aan die begin van die jaar vyftiende op sy ranglys geplaas – ’n verbeterin­g van verlede jaar se 24ste plek. Gesoute gholfspele­rs meen egter die baan hoort selfs hoër op die lys.

Tans is die Links, net om die draai by Fancourt, nommer een en lok natuurlik baie buitelande­rs na George. Knysna se Simola en Pezula is onderskeid­elik sewentiend­e en negentiend­e gekeur.

George is ook gewild danksy die eersteklas-kompetisie­s wat daar gehou word, soos die interprovi­nsiale toernooi en SuidKaap-ope.

Volgens die bekende baanbouer Phillip Basson, wat in die 1990’s die George-gholfbaan se superinten­dent was, is die grondlae onversteur­d, wat die baan meer droogtebes­tand as die nuwe bane maak, waar grond verskuif is om die skoonvelde en setperke te vorm.

LANG GESKIEDENI­S EN BAIE LEDE

Die setperke en bowwe is in 1993 vernuwe, maar die oorspronkl­ike uitleg het basies behoue gebly.

Die spel het reeds in 1886 op George begin toe ene Laura Dumbleton ’n paar stokke en balle vanaf Engeland ingevoer het om op die destydse drieputjie-baan te speel.

Die huidige perseel is in 1931 ingewy nadat Charles Molteno Murray, ’n gholfbaan-argitek van Wynberg, ’n agttienput­jie-baan daar ontwerp het.

Die George-gholfbaan spog met meer as duisend lede (slegs 5,3% van Suid-Afrikaanse gholfklubs kan so sê). Die aantal besoekers neem ook jaarliks toe. So, dit is noodsaakli­k om betyds te bespreek, veral in vakansiety­d. 6116. 044 873

 ?? FOTO’S: MAUREEN BASSON ?? epos-adres Die eerste putjie is ’n korterige syfer vier met ’n dam aan die linkerkant en ’n sandkuil reg voor die setperk.
FOTO’S: MAUREEN BASSON epos-adres Die eerste putjie is ’n korterige syfer vier met ’n dam aan die linkerkant en ’n sandkuil reg voor die setperk.
 ??  ?? As jou tweede hou by die agttiende putjie regs van die setperk beland, is jy in die moeilikhei­d of, soos die lede sê, in die slangput.
As jou tweede hou by die agttiende putjie regs van die setperk beland, is jy in die moeilikhei­d of, soos die lede sê, in die slangput.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa