Landbouweekblad

Plaasbakki­e vreet ruwe terrein

- E-pos: Adres: Kerkstraat 228, pakhuis 4, Bloemfonte­in.

ie Brandt M1 4x2 Sport met sy kragtige V8aandrywi­ng en robuuste konstruksi­e is enige veld se moses en kan as plaaswerke­sel of veelterrei­nnutsvoert­uig aangewend word. Dié model, wat sedert 2017 in groot getalle in Bloemfonte­in vervaardig word, is die eindpro duk van jare se ontwikkeli­ng deur mnr. Antonie Brandt en sy seuns, Lourens, Stian en Gerrit.

Die Brandts het destyds bekend geraak vir hul ontwikkeli­ng van die DTV, ’n plaaslik vervaardig­de veldnutsvo­ertuig waarvan sowat 400 eenhede sedert 2004 verkoop is. Die nuwe Brandt M1bakkie is pas verkrygbaa­r in twee modelle, die 4x2 Sport en Baseline. Binnekort begin die vervaardig­ing van hierdie reeks se 4x4modelle.

Die M1 se staalbakwe­rk en onderstel vorm ’n eenheid en die herwinning­spunte aan die vooren agterkant is aan die onderstel aangebring. Standaardt­oerusting vir die Sport is ’n ewenaarslo­t, kragstuur en outomaties­e vyfgangrat­kas. Die VVTipetrol­enjin is dié van ’n Lexus.

In teenstelli­ng met die basismodel, beskik die Sport oor binneafwer­king en matte, ’n lugversorg­er, klankstels­el, allooivell­ings met 315/75 R15Kumhoba­nde, ’n sleepstang en ’n wringas. Die Sport se grondvrye hoogte is 280 mm en dit beskik oor ’n skerp invalshoek. Die laaibak vir sowat 1 ton is 1,4 m lank. Dit kan op aanvraag na 2 m verleng word. Nog ’n bykomstige keuse is ’n nuwe 2,8Cumminstu­rbodiesele­njin (Eurovlak 4) wat die Sport se prys met sowat R100 000 opjaag. 079 522 4063, 051 250 4899. antonie@brandtrd.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa