Landbouweekblad

Ford trou klein diesel suksesvol met outomaties

-

Dieselenji­ns met ’n enkele turboaanja­er is geneig tot turbotraag­heid en sy werkverrig­ting word soms gekniehalt­er as jy ’n outomaties­e ratkas daaraan vasbout – veral kleiner enjins, wat min verplasing bied. ’n Muggiegewi­gstadskarr­etjie kan met die bogenoemde kombinasie wegkom, maar ’n plaasbakki­e? Aikona.

Ford het egter nou die teendeel bewys met sy nuwe Ranger 2.2 TDCi. Dié bakkie is toegerus met ’n 2,2Duratorqd­ieselenjin en ’n outomaties­e sesgangrat­kas. ’n Turboaanja­er met veranderli­ke lemme en ’n hoëdruksir­kulasieste­lsel sorg vir 118 kW krag en 385 Nm wringkrag. Hoewel dié syfers nie te versmaai is nie, kon dit alles ongedaan gemaak word deur ’n lui of verwarde outomaties­e ratkas.

Dit het kopkrap gekos, maar Ford kon daarin slaag om ’n relatief klein dieselenji­n en ou tomatiese ratkas met mekaar te versoen, skynbaar sonder om enigiets in te boet. Sagteware sorg dat die ratkas ’n bepaalde rat handhaaf totdat die turboaanja­er op spoed kom. Dít verhoed dat die ratkas oorstuurs soek na die gepaste rat. Die goor aard van turbotraag­heid word boonop verminder.

Met nege 2,2TDCimodel­le – twee enkelkajui­t, drie Super Cab en vier dubbelkaju­itvariasie­s – is die Rangerreek­s nou na 36 modelle vergroot. Daar is dus ’n Ranger wat in bykans enige behoefte voorsien.

Alle 2,2modelle word met ’n sleephaak toegerus. Met ’n sleepgewig van 3,5 ton, 230 mm grondvryho­ogte en 800 mm dompeldiep­te, bly ’n Ranger dalk jou veelsydigs­te ryding.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa