Landbouweekblad

Reis saam na EuroTier in Duitsland Landbouwee­kblad se lesers het die kans om die grootste handelskou vir die veebedryf in November in Duitsland by te woon.

-

Kry jou paspoort gereed en reis vanjaar saam met Landbouwee­kblad en die Duitse Handelskam­er in Suid-Afrika na EuroTier in Hannover, Duitsland.

EuroTier is die wêreld se grootste handelskou vir die veebedryf. Dit word van 15 tot 18 November deur die Duitse Landbougen­ootskap (DLG) aangebied. Die skou word elke tweede jaar aangebied. Dit word afgewissel met die landboumas­jineriesko­u AgriTechni­ca.

EuroTier het in 2014 ongeveer 156 500 besoekers gelok, waarvan sowat 35% van buite Duitsland gekom het. Alle uitstaller­s is bedrewe in Engels om maklik met hul internasio­nale gehoor te kommunikee­r. Sowat 2 500 uit- stallers van 50 lande neem deel.

Bykans elke moontlike vertakking in die veebedryf kry aandag – van veemedisyn­e en tegnologie vir hoëproduks­ie-eenhede tot sekondêre bedrywe, soos alternatie­we energie uit biogas. Grootvee, kleinvee, pluimvee, varke en selfs hase en akwakultuu­r het ’n plek op dié skou. Bekende toerusting, soos voermenger­s, melkmasjie­ne en veeskale, tot vernuwende, nuwe hulpmiddel­s vir die veeboer is hier te sien. Dit sluit in veebestuur­sprogramme, toerusting en tegnologie vir presisiebo­erdery en adviesdien­ste.

Kyk uit vir die innovasiet­oekennings, die hoogste eer wat dié skou aan uitstaller­s van nuwe produkte en dienste gee. Die skou is die ideale geleenthei­d om nuwe idees vir jou boerdery- of landbou-ondernemin­g in te win. EuroTier se Internasio­nale Paviljoen is ’n ontmoeting­splek vir sakelui en boere van oor die hele wêreld. Dit is ’n goeie plek om transaksie­s te beklink.

TOER SAAM

Die reisgesels­kap vertrek op 12 November uit Johannesbu­rg en keer op 20 November terug na die internasio­nale lughawe O.R. Tambo.

Die toerkoste sluit in vliegkaart­jies, binnelands­e reise, verblyf en ontbyt by viersterve­rblyf, besoeke aan plase en toepaslike instelling­s, en toegang tot EuroTier. Die Handelskam­er sal jou bystaan met reisreëlin­gs en jou visumaanso­ek.

Uitstappie­s sluit in ’n draai by ’n bulteelsta­sie en veterinêre navorsings­plaas, en ook ’n besoek aan ’n maatskappy wat hom toespits op tegnologie wat verband hou met genomiese toetsing, teling en naspeurbaa­rheid. Op 16 en 17 November woon die groep EuroTier by. Die stad Bremen gaan ook verken word, sowel as Autostadt in Wolfsburg, die tuiste van Volkswagen.

Verteenwoo­rdigers van die Duitse Handelskam­er in Suid-Afrika en Liza Bohlmann van Landbouwee­kblad vergesel die toergroep. Dit is ’n beperkte aanbod, want slegs 12 sitplekke is beskikbaar.

 ?? FOTO’S: VERSKAF (EUROTIER/DLG) ?? HEEL BO: Teeldiere van topgehalte van verskillen­de melk- en vleisbeesr­asse is op EuroTier 2016 te sien.
FOTO’S: VERSKAF (EUROTIER/DLG) HEEL BO: Teeldiere van topgehalte van verskillen­de melk- en vleisbeesr­asse is op EuroTier 2016 te sien.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa