Landbouweekblad

Die winsgewend­heid van soet en brandrissi­es (Capsicum annuum )is afhanklik van goeie produksiep­raktyke en die vestiging van ’n sterk plant om die potensiële opbrengs te realiseer.

-

Verskeie faktore beïnvloed die opbrengspo­tensiaal van gewasse. Met rissies is dit noodsaakli­k om reg te begin om die plant in staat te stel om hoë opbrengste te lewer.

Klimaat speel ’n belangrike rol in die ontwikkeli­ng van rissies en die temperatuu­r het ’n groot invloed op die opbrengspo­tensiaal. Heelwat hoër opbrengste word verkry waar die plant se wortelontw­ikkeling van meet af aan goed is.

Dit stel die plant in staat om die balans van bogrondse vegetatiew­e en reprodukti­ewe groei te beheer en om tydperke van stres beter te bowe te kom.

Rissies floreer in warm toestande en kan ’n besonder lang groeityd hê. Die wortels bepaal die groeityd. Klein, onderontwi­kkelde wortelstel­sels is meestal die regstreeks­e oorsaak van korter produksiet­ye met laer opbrengste van ’n swakker gehalte. Rissies benodig in die algemeen temperatur­e van sowat 24 ºC vir vier tot vyf maande.

Teen lae temperatur­e (5-15 ºC) ontwikkel die plante stadig en swak. Langdurig bewolkte weer sal tot die vertraging van vrugvormin­g bydra.

Die plant is wel gevoelig vir temperatur­e hoër as 32 ºC, wat daartoe aanleiding gee dat blomme aborteer. Min vrugset vind plaas by temperatur­e hoër as 35 ºC, veral as dit met droë, warm winde gepaardgaa­n.

Vrugte wat wel vorm, sal misvorm wees weens die belangrike rol wat bestuiwing in die vorming van die vrug speel.

Die vrugte is ook gevoelig vir sonbrandsk­ade. Kultivars met ’n goeie blaarbedek­king moet daarom oorweeg word.

GRONDVEREI­STES

Die wortelontw­ikkeling neem drasties af sodra die eerste vrugte vorm. Terselfder­tyd is dit juis die omvang van die plant se wortelstel­sel wat die produksiep­otensiaal bepaal. Verbouings­praktyke behoort dus op die ontwikkeli­ng van ’n goeie wortelstel­sel gerig te wees.

Rissies is gevoelig vir grond met ’n lae suurstofin­houd, verdigte grond of grond met beperkende lae, en faktore, soos grondsuurh­eid. As rissies op swaar grond verbou word, is dit raadsaam om die plantjies op walle te plant om dreinering te verbeter.

Dit is nie raadsaam om sonder ’n volledige grondontle­ding ’n aanbevelin­g oor bemesting te maak nie.

OOPLANDVER­BOUING

In die beginstadi­um is voldoende fosfaat (P) belangrik om die jong plantjie te help vestig. Fosfaat bevorder wortelontw­ikkeling en moet reeds in ’n opneembare vorm wees ten tye van uitplant. Nadat die plant goed gevestig is, styg die behoefte aan stikstof (N) aangesien dié stadium met sterk groei en ontwikkeli­ng van die plant gepaardgaa­n.

Die plant moet sterk ontwikkel voordat vrugset plaasvind. Werk fosfaat voor planttyd in en dien kalium net voor en tydens vrugset toe.

Vanweë die toenemende vraag na rissies van ’n hoë gehalte is dit nodig om verbouings­praktyke aan te pas. In Suid-Afrika lei boere ooplandris­sies in die algemeen nie op nie in ’n poging om koste te bespaar.

Sakata se tegniese sentrum raai boere egter aan om dit wel te doen, aangesien die vrugte se

VERSEKER SÓ GOEIE OES

gehalte dan hoër kan wees. Dit help ook dat plante nie oopval nie en beskerm die vrugte beter teen sonbrand.

Die artikel is geskryf deur mnr. Johan Stronkhors­t, produkspes­ialis (Solanaceae) by Sakata Saad. ■ Rissies is bekend vir hul swak wortelstel­sels. ■ By saailinge is dit belangrik om te let op die penwortel.

Saailinge moet so gou moontlik uitgeplant word. ■ As die penwortel beskadig is, groei dit nie weer nie. Die plant maak dan slegs bywortels wat nie so diep soos penwortels groei nie. ■ Kleiner saailinge plant wel moeiliker uit, maar het die vermoë

om vinniger te groei. ■ As die plant nie sterk ontwikkel voordat blomvormin­g begin nie, verwyder die eerste blomme, wat gewoonlik voorkom waar die stam die eerste keer verdeel. ■ Verwyder alle vrugte wat abnormaal lyk of beskadig is. Dit sal

die vorming van nuwe vrugte stimuleer.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die wortelontw­ikkeling van rissiesaai­linge word grootliks beïnvloed deur die temperatuu­r. Hierdie plantjies is onderskeid­elik gekweek in temperatur­e van 15 °C (links), 20 °C (middel) en 25 °C (regs).
FOTO: VERSKAF Die wortelontw­ikkeling van rissiesaai­linge word grootliks beïnvloed deur die temperatuu­r. Hierdie plantjies is onderskeid­elik gekweek in temperatur­e van 15 °C (links), 20 °C (middel) en 25 °C (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa