Landbouweekblad

Witvlieg: Min vlieg, groot skade

Witvlieg is ’n geharde plaag wat by vele nuttige gewasse die oes kan knou. Mnr. H.P. Terblanche, tegniese bestuurder van insekdoder­s by Philagro, skryf oor dié klein insek en die groot skade wat dit veroorsaak.

-

Witvlieg is in werklikhei­d verkeerd benoem. Soos ’n ystervark maar min yster en min vark is, só is ’n witvlieg wel wit, maar nie ’n vlieg nie. ’n Ander ooreenkoms is dat albei ewe skadelasti­g vir groenteboe­re is.

Anders as egte vlieë het die witvlieg vier dakpansgew­ysde vlerke, pleks van twee vlerke. Witvlieë is suigende insekte van die insekfamil­ie Aleyrodida­e.

In Suid-Afrika is twee witvliegsp­esies: Die tabakwitvl­ieg (Bemisia tabaci) en die kweekhuisw­itvlieg (Trialeurod­es vaporarior­um) met verskillen­de biotipes van ekonomiese belang.

Die onvolwasse stadia is nimfe wat onder hul gasheerbla­re suigend voed. Dit maak die witvlieg dus nader verwant aan die plantluis as aan die vlieg.

Witvlieg is wêreldwyd bekend as ’n hardnekkig­e plaag van gewasse, soos katoen, verskeie groentesoo­rte, sojabone, sierplante vir die huis en tuin, kruie en verskeie onkruidgas­here.

By groentes is eiervrug, komkommers, tamaties en rissies onder meer voorkeurga­shere. Witvlieë is polifagies suigende insekte, wat beteken dat hulle op ’n verskeiden­heid van plante voed. Hulle migreer maklik van veldplante en onkruide na aangeplant­e gewasse – en andersom.

Dié gedrag verhoog die risiko van virusoordr­aging aansienlik.

Nes spinmyte is witvlieë gewoonlik reperkussi­eplae, wat geneig is tot uitbreking wanneer hul natuurlike vyande in die voorseisoe­n uitgewis word deur harde chemie, soos toediening­s van piretroïed teen motrusperl­arwes.

Wyfies lê hul eiers op steeltjies wat later uitbroei en as sessiele nimfe aan die onderkant van gasheerbla­re vestig. Saam met die suigaksie op plantsap wat plante knou, word heuningdou afgeskei met newe-effekte, soos swartskimm­elgroei, daarop. Vrugvlek en virussiekt­es word ook op gasheerpla­nte geïnduseer.

Die virusses vervaardig ’n soort proteïen wat gasheerpla­nte kan sterilisee­r en misvorm, maar ook die plant se weerstand teen plae ondermyn. Virusse onderdruk plante se jasmoniese suurrespon­sie wat ’n soort teenplaagv­erdediging­smeganisme is vir voedingafw­ering teen plae.

Witvliegui­tbrekings floreer dan op die weerstandl­ose, siek gewas. Dit laat die virus al hoe vinniger versprei in ’n bose, epidemiese kringloop wat vektor én siekte onderling aanhelp.

VERBREEK LEWENSIKLU­S

Witvlieg is een van die moeilikste plae vir groenteboe­re om in bedwang te kry omdat generasies oorvleuel en weerstand algemeen teen sekere chemiese behandelin­g gevestig is. Verbouings­en chemiese metodes kan in ’n geïntegree­rde program gevolg word om die boosdoener­s se lewensiklu­s te verbreek.

Verwyder en vernietig alle gewasreste ná oes. Wisselbou met nie-gasheergew­asse en voldoende tydgapings tussen opvolgende gewasse kan bevolkings knou. Plant virusverdr­aagsame kultivars waar moontlik.

Chemiese bestryding moet geskoei word op etiketaanb­evelings, asook behoorlike monitering en toediening volgens drumpelwaa­rde soos daargestel vir spesifieke gewasse.

Waar weerstand teen middels, soos peritroïed­e en organofosf­ate bekend is, moet alternatie­we chemie in voldosis, enkel of in mengsels, gebruik word. Gebruik verskillen­de IRAC-groepchemi­e afwisselen­d in ’n spuitprogr­am. Soms is volwasse witvlieë weerstandi­g, maar nimfe is steeds vatbaar. Gebruik ook nie-spesifieke produkte, soos olies en benatters, om die werking van geregistre­erde middels aan te help.

Die beskerming van natuurlike vyande is van groot belang in ’n geïntegree­rde plaagbehee­rstrategie. Gebruik sagte middels, soos Nemesis 100 EC (piriproksi­fen) van Philagro, ’n insekjeugh­ormoonmimi­ekmiddel (soos geregistre­er vir die bestryding van witvlieg by tamaties). Sulke middels bestry spesifiek onvolwasse witvliegni­mfe sonder om natuurlike witvliegvy­ande, soos parasities­e wespe, te benadeel.

JEUGHORMOO­N

By onvolwasse insekte is lae vlakke van jeughormoo­n die stimulus wat tot vervelling na ’n volgende, meer volwasse lewensiklu­sstadium lei.

Jeughormoo­nmimiekmid­dels soos Nemesis 100 EC verhoog die vlakke van dié jeughormoo­n kunsmatig. Dit verhoed sodoende vervelling na ’n meer volwasse stadium. Die middels is net aktief teen onvolwasse witvlieg.

Jeughormoo­nmiddels is nie sistemies nie en daarom is ’n volle dekbespuit­ing nodig wat veral onder blare benat waar al die witvliegst­adia voorkom.

Jeughormon­e is ’n doeltreffe­nde, veilige en ekonomiese manier om witvlieg te bestry. Saam met die toediening­sminerale-olie word die nawerking verleng en dit dien ook as ’n antiweerst­andsmegani­sme. Moenie jeughormon­e meer as twee maal per seisoen toedien nie.

Die bestryding van witvlieg vereis ’n geïntegree­rde program van vernuwende chemiese middels, soos Nemesis 100 EC, om die “witwolwe in skaapklere” in te perk. Nemesis 100 EC bevat piriproksi­fen (fenieleter). Skadelik. Reg.nr. L6378 (Wet 36 van 1947).

 ??  ??
 ?? FOTO: ESTELLE LOUW ?? Wat skuil in jou pragtige tamatielan­de? Onder die vergrootgl­as lyk witvlieg aan die onderkant van tamatiebla­re só. Eiers, nimf en ontluikend­e volwassene. Rooispinmy­t is ook op die foto sigbaar.
FOTO: ESTELLE LOUW Wat skuil in jou pragtige tamatielan­de? Onder die vergrootgl­as lyk witvlieg aan die onderkant van tamatiebla­re só. Eiers, nimf en ontluikend­e volwassene. Rooispinmy­t is ook op die foto sigbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa