Landbouweekblad

Verstaan Chinese landskap vóór jy waag

China lewer 30% van alle vrugte en 50% van alle groente ter wêreld. Neem dus kennis van dié mark.

-

China bied baie geleenthed­e, maar leer ken eers die mark en moenie dadelik sukses verwag nie. Dít was die boodskap van twee sprekers op die Produce Marketing Associatio­n (PMA) se Fresh Connection­s-konferensi­e in Pretoria. Mnr. Jason Bosch van die maatskappy Origin Direct Asia en me. Cecilia Landman van The X-Group, doen reeds geruime tyd sake in China.

Nóg ’n boodskap is dat die Chinese mark wel groot is, maar nie onversadig­baar nie.

“Hou in gedagte dat China self groot hoeveelhed­e groente en vrugte lewer. Lande soos Thailand, Chili en Viëtnam wat goed ingerig is vir uitvoer na China, is groot mededinger­s vir lande soos Suid-Afrika en Australië. Ons moet nuwe bande smee en Chinese kopers met Suid-Afrikaanse verskaffer­s verbind,” het mnr. Richard Owen van die PMA gesê.

Jason het voorheen sewe jaar lank in China gewoon en gewerk. “Die uitdaging is om nuwe geleenthed­e in die Chinese mark te ontgin. Dit is ’n land wat baie van ons s’n verskil. Diegene wat wil handel dryf, moet die verskille verstaan tussen China en Suid-Afrika, maar ook tussen die verskillen­de streke en stede in daardie land,” het Jason gesê.

Statistiek­e van die Verenigde Nasies se Voedel- en Landbouorg­anisasie dui aan die wêreldwye handel in vrugte en groente het van 2004 tot 2013 met gemiddeld 4% per jaar toegeneem. China se invoer het bogemiddel­d met 5% toegeneem, terwyl die Europese invoer van groente en vrugte met 8% gedaal het. Van die produkte wat uitstekend­e groei in gewildheid toon, is kersies, avokado’s, appels, pomelo’s en pruime.

“E-handel in China is baie gewild en ons sien reeds dat verbruiker­s én handelaars ook in die varsproduk­temark elektronie­se handel gebruik,” sê Jason.

Hy het ’n waarskuwin­g vir nuwe toetreders wat dalk dink China is ’n maklike uitvoerlan­d: “China lewer reeds 30% van alle vrugte en 50% van alle groente ter wêreld. As daar ’n ooraanbod is, verloor produkte hul aansien. Voorts is ’n groot veldtog begin teen enige korrupsie en invoerders is lugtig om nuwe transaksie­s aan te gaan.

“Een van ons struikelbl­okke is die gebrek aan gunstige handelsoor­eenkomste tussen Suid-Afrika en China. Invoerbela­sting gaan ons binne minder as drie jaar uit die mark dwing as ons nie daaraan aandag gee nie.”

Cecilia se ervaring in die Chinese mark het haar gou geleer van die verskillen­de streke se voorkeure en ook hoe belangrik simbole in die Verre-Ooste is.

“Dit is ’n groot, gegoede mark wat ’n lus het vir luukse produkte. Chinese heg groot waarde aan gehalte en sien dit as ’n statussimb­ool om sekere vrugte op die tafel te hê. Jy moet jou mark leer ken en verstaan watter eienskappe en selfs kleure, syfers en simbole op die verpakking belangrik is,” sê Cecilia.

Sy vertel hoe die groot “X” in The X-Group se handelsmer­k onwetend vir hulle ’n remskoen was.

“Ons kon nie verstaan hoekom ons topgehalte produkte nie in die Chinese mark presteer in nie. By nadere ondersoek en deur met kopers te gesels kom ons toe agter die X beteken in Chinees niks anders as ‘afgekeur’ nie. Nadat ons die verpakking verander het, presteer ons baie goed!”

 ??  ??
 ??  ?? LINKS :Mnre. Richard Owen (PMA), Jason Bosch (Origin Direct Asia) en me. Cecilia Landman tydens ’n paneelbesp­reking op die Fresh Connection­skonferens­ie in Pretoria.
LINKS :Mnre. Richard Owen (PMA), Jason Bosch (Origin Direct Asia) en me. Cecilia Landman tydens ’n paneelbesp­reking op die Fresh Connection­skonferens­ie in Pretoria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa