Landbouweekblad

WORTELS IN OORVLOED

- – JOHAN VAN DER MERWE

DIE wortelmark beleef tans ’n oorproduks­ie en ’n prys-insinking weens goeie pryse wat oor die afgelope paar seisoene in die bedryf behaal is. Volgens mnr. Rudi Engelke, ’n wortelboer van die Kaap, het die hoë prys ’n hele paar nuwe toetreders tot die verwerkins­g- en verpakking­sbene van die bedryf gelok.

“Boere wat voorheen slegs op kontrak van verwerkers wortels aangeplant het, het nou hul eie aanlegte opgerig. Die goeie pryse, in ’n mate danksy die droogte, het ook baie boere oorreed om wortels as ’n kontantgew­as aan te plant. Daar is dus ’n redelike toename in die beskikbare volume wortels deur die hele jaar in Suid-Afrika.

“Daarbenewe­ns het die uitvoermar­k redelik stoom verloor, veral na Angola, wat in ’n stadium baie van Suid-Afrika se wortels gekoop het. Die daling in die olieprys het veroorsaak dat daar eenvoudig nie meer geld beskikbaar is in Angola nie. Verder sukkel diegene wat steeds uitvoer na Angola om hul geld uit die land te kry.

“As daar goeie reën kom, voorspel ek dat die volgende drie maande ’n moeilike tyd vir wortelboer­e gaan wees. Die volumes gaan net toeneem, want nou is die ideale tyd om wortels te verbou en dit sal die prys kwaai onder druk plaas. In die noorde kos wortels klaar sowat R2,50/kg en hier in die Kaap is dit nog by R3,20/kg tot R3,60/kg, maar hierdie pryse kom nou erg onder druk,” sê Engelke.

 ??  ?? INTERNASIO­NAAL:
INTERNASIO­NAAL:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa