Landbouweekblad

AKWAKULTUU­R: KABELJOU VOU, PERLEMOEN BLOM

- – JOHAN VAN DER MERWE

DIE akwakultuu­rbedryf is tans gewikkel in ’n situasie van uiterstes. Perlemoenb­oere glimlag weens ’n gunstige wisselkoer­s en uitstekend­e produkte, terwyl kabeljoubo­ere veg om oorlewing.

Volgens mnr. Neil Stallard, ’n kabeljoubo­er van die visplaas Mtunzini aan die KwaZulu-Natalse Noordkus, was die afgelope 12 maande ’n moeilike tyd vir kabeljoubo­ere. “Daar is ’n verskil tussen wat kabeljoubo­erdery kan produseer en wat beleggers verwag. Beleggers verwag goeie resultate binne twee jaar, terwyl dit moeilik is om in ’n boerdery daaraan te voldoen,” sê Stallard.

Volgens mnr. Etienne Hinrichsen, besturende direkteur van AquaEco, is die produksiek­oste van kabeljou teenoor die verdienste daarvan baie hoog. “Om hierdie syfers te laat klop, moet die insetkoste verlaag word en dit verg die verhandeli­ng van groot volumes vis. Dit is dus kommerwekk­end om te sien hoe ywerig sommige partye hierdie bedryf aanhou ondersteun sonder die nodige markontwik­keling,” verduideli­k Hinrichsen.

Die perlemoenb­edryf beleef egter ’n baie goeie jaar. Die eerste resultate van see-boerderye, waar boere met perlemoen in die see boer en 24 uur sekuriteit­sdienste aanstel om die persele op te pas, lyk ook goed. Die uitstekend­e gehalte van Suid-Afrikaanse perlemoen speel ’n groot rol om mededingin­g van Chinese en ander produsente die hoof te bied, maar die risiko is steeds daar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa