Landbouweekblad

KOPKRAP-WERK IS DIÉ LANDBOUWER­KER SE KOS

- LUCILLE BOTHA

SY groot droom was om ’n prokureur te word, maar nou is hy nie ’n dag spyt dat hy in die landbou werk nie, sê mnr. Christie Davids (foto) van Anthonij Rupert-wyne naby Franschhoe­k. Hy is as dié streek se algehele wenner in die Prestige Agri-kompetisie aangewys is.

Davids het 30 ander landbouwer­kers van nege verskillen­de plase uitgestof in die kompetisie en gaan nou op die Wes-Kaapse vlak meeding.

Hy werk die afgelope sewe jaar by Anthonij Rupert-wyne.

“Ek het lank vir Anglo-American op Rhodes-vrugteplas­e gewerk, waar plaagbestr­yding my vakgebied was. Hulle het egter personeel besnoei en ek moes om ander werk aansoek doen. Aanvanklik het hulle by Anthonij Rupert-wyne gesê my CV is te mooi, maar ek was bereid om myself weer van onder af op te werk,” vertel hy oor sy vordering van algemene werker tot voorman en uiteindeli­k junior bestuurder.

Davids, wat in die Groot Drakenstei­n-gebied grootgewor­d het, het ook verskeie kursusse aan die Landboukol­lege Elsenburg voltooi, onder meer in plantkunde en boerderybe­stuur.

Weens ’n gebrek aan geld kon hy nooit regte gaan studeer nie, en het hy in sy pa, wat ook by Rhodes-vrugteplas­e gewerk het, se voetspore gevolg. “Ek kan net ander aanspoor om die landbou te betree. Dis nie net vir plaasjapie­s nie. Daar is baie potensiaal en borge wat jou kan help om verder te leer, maar jy sal moet opstaan en sê jy wil dit ’n stappie verder neem in die lewe.”

Davids geniet “kopkrap-werk” die meeste en hou van uitdagings, soos begrotings en aankope – “goed waar jy jou brein ’n bietjie kan laat werk”.

Davids is getroud en het twee kinders. Hy is ook lid van die Dennegeur-gemeenskap­sorkes en bespeel die ritmiese kitaar.

GROEI

Volgens me. Jomine Mienies, organiseer­der van die kompetisie, groei die streek se inskrywing­s elke jaar.

“Dit is die derde jaar wat ons aan die Prestige Agri-kompetisie deelneem, en sedert die eerste jaar kan ek sien watter groot verskil daar gemaak is. Die beoordelaa­rs was baie beïndruk met die deelnemers se kennis en passie. Dit kom na vore as die agriwerker­s praat. Die vlak lig elke jaar.”

Me. Lorinda Goeieman van Boschendal is as die werker met die beste potensiaal aangewys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa