ALLES HET MET DIE LANDBOU BEGIN
Mense het dikwels ’n ongunstige siening van die landbou. Boere word deur baie stedelinge gesien as mense wat oningelig is en agtergeraak het by stadsmense. Die landbou word dus nie na waarde geskat as die belangrikste bedryf in ál die mens se bedrywighede nie.
Alles wat op aarde bereik is en tot stand gebring is, is die gevolg van die vestiging van die landbou teen omtrent 8500 v.C. in die Vrugbare Halfmaan tussen die Tigris- en die Eufraatrivier. Vir die eerse keer in die mens se
bestaan kon groot groepe hulle permanent op een plek vestig. Tot in daardie stadium het klein groepe jagter-versamelaars rondgetrek, en hul besittings was dit wat hulle kon saamdra.
Daar is begin om die lappe gras met groot sade te versorg en die saad te oes. Die beste saad is gehou om weer gesaai te word. Só is evolusie versnel. Dieselfde is gedoen met erte en olywe. Die surplus voedsel het toegelaat dat sommige mense hulle kon besig
SUKKEL JY OM
hou met ander goed, soos bou, steenmakery en pottebakkery.
Die mens het ook geleer om sy instinkte te beheer en nie gewelddadig op te tree as hy uitgelok word nie. Dit was die begin van beskaafde gedrag. Daar is gou besef daar moes reëls en toesig wees, en leiers is aangestel om orde te handhaaf. Soldate is aangestel om nedersettings te beveilig. Dit was alles die gevolg van ’n surplus kos wat geproduseer is.
Planne en idees kon nou uitgeruil word tussen die groot getal
TE KRY?
As jou gunsteling-tydskrif nie op ’n winkelrak naby jou beskikbaar is nie, wil ons dit graag regstel. Laat weet ons by lbw@landbou.com of 021 406 2202 as jy nie Landbouweekblad opspoor nie. mense en goeie idees kon ontwikkel word deur vaardige mense wat ’n aanleg gehad het vir dié soort ding. Mense kon nou spesialiseer. Metaalwerk het beter gereedskap en wapens tot gevolg gehad.
Die idee om diere mak te maak en te gebruik vir vleis en melk, asook as pak- en trekdiere, was ’n groot sprong vorentoe.
Die groot samelewings waarin baie mense met mekaar moes kommunikeer, het gelei tot die ontwikkeling van taal en later skrif – eers die Sumeriërs se spykerskrif teen 3400 v.C. en later die alfabet soos ons dit beoefen. Eers kleitablette en later papirusvelle het dit moontlik gemaak om kennis te versprei en handel te dryf met afgeleë nedersettings.