Landbouweekblad

Topklas-seile vir elke taak

Seile vir Myle verkoop seile wat nie net mooi vertoon in die bosveld nie, maar die Afrikason en harde hantering kan weerstaan.

- Webwerf:

Seile vir Myle verkoop 160 mikron- geweefde polipropil­eenseile wat gelamineer is om tot 200 UV-sonbestand te wees. Dit hou besonder goed in die Suid-Afrikaanse son en werk uitstekend vir wildbomas.

Elke seil is versterk met koord in al die some. Op elke hoek is ook ’n plastiekve­rsterking. Elke meter is 12 mm-staalogies aan al die sye van die seil aangebring, wat dit vergemakli­k om te span.

Elke seil is kompak verpak en maklik om te hanteer. Die seil sal nie maklik skeur nie en die kleure, kakie of olyfgroen, vertoon mooi in die bosveld.

Die polipropil­eenseile word volgens die maatskappy se vereistes vervaardig. Voorheen het die maatskappy 120 mikronseil­e bemark, maar deur ondervindi­ng geleer dat ’n dikker seil beter waarde sal lewer. Daarom is die nuwe seile 160 mikron en die ogies elke meter met versterkin­g op die hoeke.

Seile kan landwyd teen billike pryse afgelewer word. Vanweë die suksesvoll­e verkope in Na- mibië is daar ook ’n agent aangestel wat bestelling­s van daar konsolidee­r.

Seile vir Myle verskaf seile van topgehalte, staalkabel, draad en hakies om die span van wildseile vir die wildboer te vergemakli­k. Dit bied ’n enkele antwoord op noodsaakli­khede benodigdhe­de van die boer.

Verder verkoop die maatskappy boksakke, ’n PVC-seil wat versterk is om die dra van ’n trofeebok te vergemakli­k. Dit word ook gebruik om verdoofde diere te verplaas tussen die veld en die voertuig waarmee dit vervoer sal word. Hierdie sak verseker dat die dier nie skade opdoen tydens die vervoerpro­ses nie. Elke sak het agt handvatsel­s en kan in verskillen­de groottes bestel word.

Daar is ook ’n karkasverv­oersak beskikbaar. Daarmee neem jy die geslagte karkas huis toe. Dit is groot en sterk, van PVCseil vervaardig en versterk. Dit rits toe en beskerm jou vleis teen die stof van die plaaspad.

Ander jagverwant­e toerusting is ook van tyd tot tyd beskikbaar.

082 907 7613, liezel@ seile.co.za, www.seile. co.za.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Seile vir Myle verskaf seile van ’n goeie gehalte wat versterk is om beter waarde te lewer.
FOTO: VERSKAF Seile vir Myle verskaf seile van ’n goeie gehalte wat versterk is om beter waarde te lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa