Landbouweekblad

Die vervaardig­ing van veilige veevoer hang af van die gehaltebeh­eer tydens die produksiep­roses. Voermol Voere volg riglyne noukeurig om aan alle veiligheid­standaarde te voldoen.

- Of

Voermol se gehaltewaa­rborgketti­ng vir sy veevoer begin by die koop van geregistre­erde grondstoww­e van erkende plaaslike en internasio­nale verskaffer­s en eindig waar die finale produk aan die klant gelewer word.

’n Goeie vervaardig­ingsprakty­kprogram sluit dus die grondstoww­e en die vervaardig­ingsproses in. Die uitvoer van die wetenskapl­ik geformulee­rde voere vir veeproduks­ie word deur ’n bedryfstel­sel beheer wat die hele tyd die voedingsto­wwe in kritieke stadiums tydens die mengproses monitor.

Daarbenewe­ns maak die gehaltebeh­eerlaborat­orium seker dat die nodige gehaltesta­ndaarde met elke besending op peil is. Die laboratori­um ontleed kritiek belangrike voedingsto­wwe tydens die vervaardig­ingsproses en ook weer voor versending nadat die produk finaal verpak is.

’n Gehaltebeh­eerproses is ingebou in elke stap van die vervaardig­ing van veevoer. Net as ’n stap in die proses die gehaltetoe­tse slaag, kan die volgende stap in die proses volg.

’n Ontleding van die finale veevoerpro­duk geskied aan die einde van die vervaardig­ingsproses. Dit bevestig of die voer al die nodige voedingsto­wwe bevat volgens die formule se spesifikas­ies en soos geregistre­er ingevolge Wet 36 van 1947.

Eers dan is die produk goedgekeur vir verpakking en verspreidi­ng. Die veevoerpro­duk word daarna in die goedgekeur­de verpakking­smateriaal met die nodige produkinli­gting en gebruiksaa­nwysings daarop verpak. Dié stap is nodig om seker te maak die veevoerpro­duk word reg gebruik en opgeberg.

Verpakking­sinligting sluit in: produkspes­ifikasies, die produkregi­strasienom­mer, gebruiksaa­nwysings en waarskuwin­gs soos voorgeskry­f deur die Registrate­ur van Voere (soos die NPN-inhoud of die byvoeging van enige veemedisyn­e).

Riglyne moet duidelik uitspel wat die inhoud is van geneesmidd­els, soos ionofore, of ander bymiddels in die veevoer wat byvoorbeel­d help om rumenfunks­ie, veevoerdoe­ltreffendh­eid en produksiep­restasie te verbeter. ’n Veevoerpro­duk wat sulke bestanddel­e bevat, mag slegs as ’n veevoer geregistre­er wees indien die geneesmidd­els deur die nodige owerhede goedgekeur is.

Die gehaltebeh­eerproses móét nagekom word vir veilige veevoerpro­duksie. Voermol Voere is daartoe verbind en gebruik talle gehalte-ouditprogr­amme, soos dié van ISO en die gedragskod­e van die Vereniging van Veevoerver­vaardigers (Afma).

Omdat Voermol dié standaarde onderskryf, kan hy verseker al sy gehaltebeh­eerstelsel­s is op peil. Dit sluit in dat alle laboratori­umtoerusti­ng onderhou en dat die akkuraathe­id van ontledings ook nagegaan word. Daarom kan die klant gerus wees dat ’n maatskappy, soos Voermol, ’n veilige veevoerpro­duk van topgehalte verskaf.

Dr. Francois van de Vyver (Ph.D. Agric, Pr.Sci.Nat.) is nasionale tegniese bestuurder by Voermol Voere.

 ?? FOTO’S: VERSKAF/VOERMOL ?? Gee jou vee ’n voorsprong met smaaklike, veilige veevoer en aanvulling­s van topgehalte, soos Voermol se produkte.
032 439 5599; info@voermol.co.za Francois. VandeVyver@tongaat.com.
FOTO’S: VERSKAF/VOERMOL Gee jou vee ’n voorsprong met smaaklike, veilige veevoer en aanvulling­s van topgehalte, soos Voermol se produkte. 032 439 5599; info@voermol.co.za Francois. VandeVyver@tongaat.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa