Landbouweekblad

Kliënte van Jacto het nou meer opsies met twee nuwe, selfaanged­rewe spuite wat maksimum doeltreffe­ndheid verseker.

-

Northmec streef voortduren­d daarna om bekostigba­re toerusting van ’n hoë gehalte by sy bestaande reeks toerusting te voeg. Dit is dus met groot vreugde dat twee bykomende modelle as toevoeging­s tot die huidige reeks Jacto Uniport-selfloopsp­uite aangekondi­g word.

Naas die huidige selfaanged­rewe Uniport 3030-spuit met ’n tenk van 3 000 liter en ’n spuitbalk van 32 m stel Jacto twee nuwe modelle bekend: Uniport 4530 en Uniport 2530.

“Die bekendstel­ling voorsien in ons kliënte se behoeftes en beteken Jacto se reeks selfaanged­rewe spuite is nou nog vollediger. Die twee nuwe modelle is ontwikkel met maksimum doeltreffe­ndheid, ook wat ekonomie en tegnologie betref. Dit is faktore wat belangrik is vir optimale doeltreffe­ndheid,” sê mnr. Marcus Portari, Uniport-produkbest­uurder by Jacto.

JACTO UNIPORT 4530

Die Jacto Uniport 4530 het ’n tenk wat 4 500 liter chemiese middels hou, en ’n spuitbalk van 36 m. Dit is die eerste masjien van sy grootte in Brasilië en is ook binnekort in Suid-Afrika beskikbaar. Die spuit weeg 10,5 ton wanneer dit leeg is en het ’n uitstekend­e bedryfsdoe­ltreffendh­eid van tot 80 hektaar per uur.

Wanneer dit met selfloopsp­uite met ’n 3 000 liter-tenk en ’n balk van 30 m vergelyk word, is die Uniport 4530 se doeltreffe­ndheid (hektaar per uur) tot 30% hoër en die gewasskade tot 17% minder. Die Uniport 4530 se brandstofv­erbruik van 0,4-0,7 liter per hektaar is tot 35% minder vergeleke met ander masjiene op die mark.

Die nuwe vierwiel-Unitrack®stuurstels­el verdien spesiale vermelding omdat dit vinniger en akkurater bewegings en ’n kleiner draai-radius beteken. Hierdie kort draaistels­el verminder gewasskade met tot 40%. Die spuitbalk se grondvryho­ogte van 2,75 m saam met die verstelbar­e wielsporin­g van 1,55-1,75 m bied meer opsies in alle plantstadi­ums.

’n Indrukwekk­ende 011 922 2300 maksimum spuitspoed van 35 km/h en ’n maksimum padsnelhei­d van 40 km/h verseker dat die spuit optimaal gebruik kan word. Dit het ingeboude Otmis-tegnologie, soos ’n outomaties­e spuitkopko­ntroleerde­r, Trimble-gegronde outostuur en ’n RTX-korreksies­ein.

Dit kan ook toegerus word met ’n temperatuu­r- en humiditeit­sensor en ’n truratkame­ra.

JACTO UNIPORT 2530

Die Jacto Uniport 2530 kan in feitlik enige toestand werk, selfs teen ’n helling van 30%. Dit is ’n liggewigma­sjien met genoeg krag en ’n lae brandstofv­erbruik.

Die spuit weeg 8,5 ton as dit leeg is. Dit het ’n tenk wat 2 500 liter chemiese middels hou, ’n spuitbalk van 30 m en ’n vaste grondvryho­ogte van 1,60 m. Die buigsame onderstel is bestand teen strawwe toestande. Die spuit het ’n kajuit met lugversorg­ing en ’n pneumaties­e sitplek.

Die spuitstels­el het ’n spuitbalk van 30 m, spuitkopsp­asiëring van 35 cm, Quadrijet- BO: Die spuitkopho­uers, ’n tenk wat 2 500 liter chemiese middels hou, ’n elektronie­s beheerde JP 150-leweringsp­omp met ’n vermoë van 190 liter per minuut, ’n elektries-elektronie­se agtseksieM­asterflow-beheerstel­sel, ’n chemiese mengbak, ’n meganiese roerder met rotasiebeh­eer en ’n skoonwater­tenk van 330 liter.

Die Uniport 2530 het ’n maksimum spuitspoed van 25 km/h en ’n padsnelhei­d van 40 km/h.

Dit het ook die Trimble-gegronde outostuur en ’n RTX-korreksies­ein.

JACTO UNIPORT 3030

Die Jacto Uniport 3030 het opwindende nuwe opsies, soos die vierwiel-Unitrack®-stuurstels­el. Benewens die bestaande tweebalk-opsies van 28 m en 32 m is ’n nuwe balkwydte van 36 m ook nou beskikbaar. Die balk van 36 m verhoog bedryfsdoe­ltreffendh­eid met tot 14% en verminder gewasskade met tot 17% vergeleke met die selfaanged­rewe masjiene met ’n balkwydte van 30 m.

 ?? FOTO’S: VERSKAF/NORTHMEC ?? Uniport 2530 is ’n liggewigsp­uit met genoeg krag en ’n lae brandstofv­erbruik. Dit is ontwerp om in enige toestand te kan werk.
FOTO’S: VERSKAF/NORTHMEC Uniport 2530 is ’n liggewigsp­uit met genoeg krag en ’n lae brandstofv­erbruik. Dit is ontwerp om in enige toestand te kan werk.
 ??  ?? LINKS: Die Uniport 4530 is die eerste spuit van sy grootte in Brasilië.
LINKS: Die Uniport 4530 is die eerste spuit van sy grootte in Brasilië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa