Landbouweekblad

DOENMEEROM­GRAS TE BEWAAR

- Potchefstr­oom

Jaar ná jaar in die laat winter sien ’n mens rooi wolke en galoppende vlamme wat deur sterk wind aangedryf word. Dit is ’n verlore styd om die vlamme te blus. Dit veroorsaak groot skade aan weiveld, ’n verlies aan vee en skade aan geboue. Daar is selfs soms ’n verlies aan menselewen­s. Versekerin­gsmaatskap­pye word met groot eise gekonfront­eer en premies styg.

Blote voorbrande blyk onvoldoend­e te wees.

Groot bedrae kapitaal word tereg aan die opgaar van water in damme en graan in silo’s bestee. Waarom nie dieselfede sorg toepas ten op sigte van gras nie? Dit is tog net so noodsaakli­k.

Ja, natuurlik is dit veel goedkoper om gras maar net deur vee te laat bewei. Maar wanneer die dag aanbreek dat daar geen gras meer is nie weens veldbrande of droogtes en die vee op die plaaswerf hartverske­urend vir kos blêr of bulk, moet die boer sy hand baie diep in sy sak steek. Dan moet hy desnoods op sy knieë voor die bankbestuu­rder gaan val.

Kan die gras (die brandstof van die vlamme) nie geoes en in skure of voerbanke geberg word vir die tye wanneer dit so lewensnood­saaklik is om byvoorbeel­d droogtes en die moeilike vroeë lente te temper nie? En boonop verlaagde versekerin­gspremies as bonus te kry?

Hoewel die afsny en opberging van gras nie ’n waarborg is vir die uitskakeli­ng van veldbrande nie, kan dit brande tot die minimum beperk en die bestryding daarvan soveel makliker maak.

Die voordeel van so ’n ondernemin­g is so voor die hand liggend dat dit my verbaas dat dit nie reeds op groot skaal beoefen word nie. Die veldbrande met pynlike gevolge duur jaar ná jaar voort.

Brandvoork­oming is tog baie makliker as brandbestr­yding. Boonop het dit ’n bate pleks van ’n verlies tot gevolg.

Wat Suid-Afrika nodig het, is ’n paar farao’s met nagmerries en ’n paar Josefs met insig in die nagmerrie plus die vermoë om landwyd ’n ondernemin­g tot stand te bring om in volop tye gras te “bank” vir die maer tye.

Dink net hoeveel rustiger gaan ’n boer slaap as hy gras in die “bank” en uiteindeli­k selfs geld in die bank het. GERT KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa