Landbouweekblad

Boere toon karakter

-

BOERE toon nou werklik hul karakter te midde van krisisse wat uit die droogte voortsprui­t. Ryno van der Merwe, voorsitter van die Namibiese Landbou-unie, het diep uit sy hart daaroor gepraat toe die Namibiese boere verlede week hul jaarlikse kongres in Windhoek gehou het.

Hy het vertel hoe hy die land deurkruis het om te kyk hoe dit met die boere gaan. Hy was bekommerd oor sy eie reaksie as hy moes aanskou hoe hulle swaarkry. Hoe gaan hy optree? Toe word hy skaam vir homself, want nêrens het hy iemand gekry wat moedeloos is en reeds tou opgegooi het nie.

Hy was by boere wat reeds drie jaar aanmekaar droogte het, maar hulle boer voort. Niks sal hul onderkry nie, nie eens wanneer ander dinge waaroor hulle geen beheer het nie by die droogte se kweperlath­oue gevoeg word nie.

Daar is geen twyfel dat die boere in hierdie buurland van Suid-Afrika swaarkry nie, vertel een van Manie se kollegas wat vir ’n maand in Namibië was om artikels te skryf en skoue en kongresse by te woon. Dit is vrek droog. Die bobbejane stroop nou selfs die bas van boomtakke af net om iets te kan vreet.

Die gras is in groot dele op. Daar is niks oor nie. Van daardie boere het ook nie meer geld om voer te koop om hul vee te laat oorleef nie. Stories word vertel van vee wat vrek.

Nog ’n probleem is die gesukkel om speenkalwe­rs na Suid-Afrika te stuur, wat bykans onmoontlik is weens strenger invoermaat­reëls van die Suid-Afrikaanse owerhede. Speenkalwe­rs wat lankal gereed is om na Suid-Afrikaanse voerkrale gestuur te word, moet nou langer op veld gehou word wat nie juis kos oor het nie, of hulle moet verder gevoer word met voer wat ook nie juis meer daar is nie. En die voer moet betaal word met geld wat ook op is.

Verlede week was daar gerugte dat dinge nou gaan begin gebeur, maar niemand het geweet wat aangaan nie; nie die landboulei­ers nie en nog minder die boere. Volgens gerugte kan die vragmotors nou begin loop, maar daar is ander gerugte dat die finale toestemmin­g nog by die Suid-Afrikaanse staatsampt­enare vashaak.

Wat ook al die waarheid is, Suid-Afrika kan tot hierdie boere, wat tog maar ons eie mense is, se redding kom as iemand iewers vinger trek.

RUBBERDUCK­S

Ondanks die greep van die droogte maak die Namibiese boere, maar net soos veral die spitsvondi­ge boere in Suid-Afrika se noordweste, steeds grappe oor hulself. Soos die boer wat die ander boer sukses vir die toekoms toewens: Mag jy soveel reën kry dat jy jou kalwers met ’n rubberduck moet speen!

BOKKAPTEIN – HAAN ONDER HENNE

Manie was ietwat verras met die aanstellin­g van die oud-Springbok-rugbykapte­in Wynand Claassen as handelsmer­k-ambassadeu­r vir die voedselreu­s Astral. Nie vir een oomblik omdat Wynand dit dalk nie waardig is nie, maar bloot omdat dit deesdae nogal snaaks is om ’n ouerige, wit Afrikaanse

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa