Landbouweekblad

WEERONSEKE­RHEID RY SOMERSAAIS­TREEK

-

VERSIGTIGE optimisme heers dat die komende seisoen verligting vir Suid-Afrika se geknelde somersaaig­ebied mag bring, hoewel later as gewoonlik oor veral die westelike dele.

Die SA Weerdiens sê in sy jongste vooruitsko­uing die waarskynli­kheid dat ’n swak La Niña teen die aanbreek van die somer kan ontwikkel, bly laag. Daar is egter aanduiding­s dat kanse op bogemiddel­de reënval teen midsomer kan verbeter.

Die vlakke van onsekerhei­d oor die akkuraathe­id van die vooruitsko­uings bly nietemin hoog, waarsku die weerdiens.

“Ernstige droogtetoe­stande duur steeds oor die meeste dele van die land voort. Ongeag vooruitsig­te van ’n bitter nodige natter seisoen, is dit hoogs aan te beveel dat die voortslepe­nde streeksdro­ogte in berekening gehou word. Die situasie is steeds delikaat. Soos altyd is die aanbevelin­g dat medium- tot korttermyn­voorspelli­ngs dopgehou word omdat dit die heersende vooruitsko­uing kan verander,” lui die Weerdiens se verklaring.

WOLKE

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou, meen die saamgestel­de uitwerking van ’n neutrale tot swak La Niña en ’n negatiewe Indiese Oseaan-dipool kan gunstige reënvaltoe­stande in die middel tot laat somer bring.

Hoewel die begin van die reëntyd in party dele later as gewoonlik kan aanbreek, kan dit steeds betyds wees vir aanplantin­gs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa