Landbouweekblad

BRUCELLOSE-STRYD BRING HOOP

- CHARL VAN ROOYEN

’N LANDWYE projek van die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m teen die groeiende bedreiging van brucellose kan rigtinggew­end wees in hoe Suid-Afrika sy kuddegeson­dheid – en dus die gehalte van sy rooivleis – kan beskerm en verbeter. Met dié projek wil die forum samewerkin­g tussen boere, staats- en private veeartse bemiddel.

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die forum, sê die veldtog is geskoei op ’n bloudruk wat die bedryf en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye saam met die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) opgestel het en sal in die toekoms vir ander siektes ook aangewend word.

“’n Belangrike saak wat in die OIE se verslag uitgestipp­el is, is die noodsaakli­kheid van beter samewerkin­g tussen die staat en die openbare sektor,” sê Vervoort. “Dit is nie meer aanvaarbaa­r dat die staat vir die boere sê wat om te doen nie. Die breë diereprodu­ksiesektor bestaande uit organisasi­es en boere moet deel van die oplossing word, anders sal daar geen vordering wees nie.”

KENMERKE

Vervoort sê brucellose het etlike kenmerke wat dit ideaal maak om ’n breër siektebest­rydingsmod­el te ontwerp. Die bestryding daarvan vereis ’n goeie identifika­siestelsel vir diere, sowel as ’n stelsel om die beweging van diere te moniteer. Omdat die siekte van dier na mens oorgedra kan word, is die bestryding daarvan meer as een beroep se verantwoor­delikheid. Goeie laboratori­ums is ook noodsaakli­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa