Landbouweekblad

BEWARING TROEF KOMMERSIËL­E BELANGE

- NICO VAN BURICK

STERKER optrede teen smokkelhan­del, groter beskerming vir bedreigde spesies, strategieë om die vraag na liggaamsde­le van beskermde wild te laat afneem en groter samewerkin­g met plaaslike gemeenskap­pe.

Dit is onder die belangriks­te besluite van die afgelope CoP17-beraad van die konvensie oor internasio­nale handel in bedreigdes spesies (Cites), wat verlede week in Johannesbu­rg ten einde geloop het.

Van die belangriks­te besluite wat Suid-Afrikaanse wildboere raak, was die verwerping van ’n aansoek van Swaziland om sy beskikbare renosterho­rings te kan verkoop, wat met 100 stemme teenoor 26 verwerp is. Swaziland en Suid-Afrika se renosters bly in Bylae 2 van Cites; daar kan dus met lewende diere handel gedryf word, maar nie met horing nie.

Nog ’n belangrike besluit was dat beendere en liggaamsde­le van leeus wat in aanhouding geteel word, uitgevoer mag word, maar nie dié van wilde leeus wat aan natuurlike oorsake dood is nie. ’n Herrie het ontstaan toe 28 Afrika-lande met Botswana se steun gevra het dat olifante die strengste bewaringst­atus moet kry en van Cites se Bylae 2 na Bylae 1 verskuif word. Die voorstel het nie genoeg stemme gekry nie en olifante bly in Bylae 2. Daar kan dus met permitte in- en uitgevoer word.

Bedreigde spesies wat wel nou in Bylae 1 geplaas is, is onder meer die ietermagog se onderskeie spesies in Afrika en Asië en die African Grey-papegaai.

’n Aansoek van Suid-Afrika dat die Kaapse bergkwagga van Bylae 1 na Bylae 2 teruggesku­if word, is ook goedgekeur.

“Dit was die belangriks­te byeenkoms in die 43-jarige bestaan van Cites en bied groter beskerming vir die wêreld se mees kwesbare diere en plante,” het mnr. John Scanlon, sekretaris­generaal van Cites, ná afloop van die byeenkoms gesê.

Altesame 51 voorstelle is aanvaar. Vyf is verwerp en ses onttrek.

TROFEEJAG

Volgens Scanlon was daar ’n vurige

GOUE VERSIE EERSTE VIR SA

Een van Suid-Afrika se eerste rooi Wagyu-kalwers (foto) is verlede jaar by die Woodview-stoetery van mnr. Brian Angus by Arlington gebore. Vier rooi Wagyu-teeldiere het pas op die jaarlikse Woodview-produksiev­eiling R1,86 miljoen behaal.

Angus, wat destyds die eerste Wagyu-embrio’s na Suid-Afrika ingevoer het, het die meeste Wagyu’s tot dusver op sy jaarlikse produksiev­eiling te koop aangebied, altesame 29 vroulike diere en ses bulle. ’n Gemiddelde R240 000 is vir die vroulike diere en R276 000 vir die bulle behaal.

Kort ná die Woodview-veiling is nege Wagyu’s, almal swart, ook op ’n veiling op die eerste African Livestock-handelskou in die Afridome in Parys van die hand gesit, teen gemiddeld R152 500 vir ses vroulike diere, en R140 000, R120 000 en R100 000 onderskeid­elik vir drie bulle.

Die duurste vroulike dier daar was R200 000. BKB Louwid het albei veilings aangebied. debat oor trofeejag. ’n ooreenkoms is bereik met ’n besluit dat beheerde jag toegelaat word, maar dat plaaslike gemeenskap­pe ook daarby moet baat vind.

Suid-Afrika se drie groot jagorganis­asies, Chasa, Phasa en SA Jagters, het op die beraad ’n gesamentli­ke poging aangewend om die belangrike rol van verantwoor­delike jag wat bewaring, voedselsek­erheid en maatskapli­ke ontwikkeli­ng betref, te beklemtoon. Jag se jaarlikse bydrae tot die ekonomie is meer as R10 miljard. In jagtyd dra wildsvleis tussen 15% en 25% by tot rooivleisv­erbruik.

Die twee week lange beraad was die grootste internasio­nale byeenkoms oor wildlewe tot nog toe, en is gekenmerk deur strenger beskerming van wilde diere en -plante teen oorbenutti­ng en onwettige handel.

 ??  ?? ’n Versoek van Botswana op Cites se CoP17-beraad om alle handel in olifante te verbied, het misluk.
’n Versoek van Botswana op Cites se CoP17-beraad om alle handel in olifante te verbied, het misluk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa