Landbouweekblad

SLEUTELDOS­ENT SE SKORSING SLEEP VOORT

- MEDEWERKER

’N STAATSVEEA­RTS en senior dosent aan die Landboukol­lege Grootfonte­in kon nog net een dag by die werk deurbring sedert hy op 22 Julie geskors is.

Dr. Johan van Rooyen is aanvanklik vir 60 dae geskors tot 18 September, na bewering omdat hy lede van die unie vir staatsampt­enare (PSA) aangeraai het om nie hul samewerkin­g te gee in ’n ondersoek na kuddebestu­ur op die navorsings­plaas nie.

Sy kantoorsle­utels is gekonfiske­er en hy is die perseel belet. Hy het op 19 September kom werk, maar die volgende dag is hy toegang tot sy kantoor geweier en sy kantoorsle­utels is wéér afgevat.

Sy dissiplinê­re verhoor was geskedulee­r vir 3 en 4 Oktober, maar op 30 September het die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye dit uitgestel tot 26 en 27 Oktober omdat ’n getuie nie die aanvanklik­e verhoor kon bywoon nie.

Die PSAvakbond, waarvan hy Grootfonte­in se takvoorsit­ter is, het sedertdien ’n dispuut by die staatsdien­sbedinging­sraad – die staatsdien­s se ekwivalent van die Kommissie vir Versoening, Bemiddelin­g en Arbitrasie – verklaar weens onwettige en onbillike skorsing. Dit word op 15 November by Grootfonte­in aangehoor.

AFWESIG

Intussen kan Van Rooyen geen van sy pligte as dosent en staatsveea­rts nakom nie. Hy doseer nege vakke per semester, insluitend sleutelvak­ke, soos die reteelt en genetika. Hy gebruik tans medikasie vir die spanning wat die skorsing veroorsaak.

Die departemen­tele ondersoek na die kuddebestu­ur is skynbaar geloods ná bewerings deur die Grootfonte­intak oor korrupsie en die aanhou van diere in private besit op die kollege se plaas.

Die persone wat vir die troppe en kuddes by Grootfonte­in verantwoor­delik is, is almal lede van die PSA.

Toe ’n taakspan van die departemen­t op 19 Julie by die kollege opdaag om die bewerings te ondersoek, het Van Rooyen in ’n epos PSAlede afgeraai om saam te werk omdat die PSA geen inligting of besonderhe­de oor die ondersoek ontvang het nie.

Nehawu se Grootfonte­intak is glo ingelig.

Nadat hy die voorwaarde­s van die ondersoek ontvang het, het Van Rooyen PSAlede toe per SMS aangeraai om wel saam te werk. Drie dae later is hy geskors. –

‘Hy het op 19 September kom werk, maar die volgende dag is hy toegang tot sy kantoor geweier en sy kantoorsle­utels is wéér afgevat.’

 ??  ?? Grootfonte­in-Landboukol­lege.
Grootfonte­in-Landboukol­lege.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa