Landbouweekblad

SPEENKALWE­RS | Hoop dat uitvoer gou herstel

- Landbouwee­kblad

Daar is skynbaar lig aan die einde tonnel wat die uitvoer van speenkalwe­rs na Suid-Afrikaanse voerkrale betref, het mnr. Mecki Schneider, uittredend­e voorsitter van die Namibiese lewendehaw­eprodusent­eorganisas­ie (LPO), aan gesê.

’n Aantal Suid-Afrikaanse voerkrale is geakkredit­eer om uitvoer vanaf Namibië te ontvang en nóg voerkrale is in die proses om geakkredit­eer te word. Die onus is op daardie slagplase om naspeurbaa­rheid te handhaaf. Die speenkalwe­rs moet direk vanaf Namibië na die voerkraal gaan, hul verskuiwin­g van een kraal na ’n ander moet bewys kan word en daar moet rekord gehou word van elke dier wat na ’n slagplaas geneem word.

Daar is skynbaar nog vertraging­s omdat die Suid-Afrikaanse owerhede Namibiese aansoeke terugstuur vir korreksies.

Speenkalf-uitvoer na Suid-Afrika het tot stilstand gekom ná die land, ingevolge voorskrift­e van die internasio­nale dieregeson­dheidsorga­nisasie (OIE), op 1 Julie nuwe regulasies oor die invoer van lewende hawe ingestel het. Dit het groot ontevreden­heid veroorsaak onder Namibiese boere wat grootliks van speenkalf-uitvoer na Suid-Afrikaanse voerkrale en slagplase afhanklik is.

Die LPO sê in sy jaarversla­g die instel van hierdie streng maatreëls het min met Namibië se gesondheid­smaatreëls te doen en is eerder ’n handelsbep­erking om hoër produsente­pryse in Suid-Afrika te skep deur die vraag te verhoog.

Die LPO sê die Suid-Afrikaanse owerhede het geen dringendhe­id getoon om ’n oplossing te vind nie – nie eens om ’n onderskeid te tref tussen teeldiere en vee wat vir slagplase en voerkrale bestem is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa