Landbouweekblad

NUWE MARKTE | Namibië toets VSA en die Verre-Ooste

- – Berriggewi­ng deur CHARL VAN ROOYEN

Besendings Namibiese rooivleis is na Hongkong en Amerika gestuur om die mark daar te toets. Dit kan verligting bring vir die land se beleërde veeproduse­nte wat onder droogtes en uitvoerbep­erkings na Suid-Afrika gebuk gaan.

Volgens dr. Frank Chitate, Namibië se direkteur van dieregeson­dheid, is gesondheid­sertifikat­e pas gefinalise­er en ’n skeepshoue­r met ontbeende beesvleis is na Amerika versend. Nog ’n skeepshoue­r met been-in-vleis is na Hongkong versend. Hulle wag nog vir dié lande se reaksies.

Mnr. Goliath Tujendapi, bestuurder vir handel en bemarking van die Vleisraad van Namibië, het gesê die Namibiese vee- en rooivleisb­edryf moet seker maak hy kan sy uitvoer na verskillen­de lande handhaaf. Boere moet indringerb­osse in weiveld uitroei om die veld se drakrag en dus produksie te verhoog. Boere moet ook aandag gee aan voedselvei­ligheid en die nodige standaarde, wat andersins handel met die buiteland aan bande kan lê.

Hy het gesê Namibië voer reeds vleissnitt­e uit na onder meer die Mercosur-lande (Argentinië, Brasilië, Uruguay en Paraguay) en die Europese Unie (EU). Uitvoerder­s toets tans die markte in China en Hongkong.

Die Namibiese rooivleisb­edryf is uitvoerged­rewe, en voer in ’n goeie jaar 85% van sy vleis uit. Daarvan word 171 000 speenkalwe­rs, 115 000 osse, 15 000 tot 17 000 ton beesvleis, 90 000 skape, 270 000 bokke en 850 000 lamkarkass­e normaalweg na Suid-Afrika uitgevoer. Sowat 9 500 ton beesvleis word na die EU (Brittanje, Noorweë, Duitsland, Switserlan­d en Nederland) uitgevoer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa