Landbouweekblad

GEEN SKOUERSTUK­KE, VRA VARKBOERE

- — JOHAN COETSEE

VRESE dat die blou-oorsiekte by varke (PRRS) die land kan binnekom, sit agter die Suid-Afrikaanse Varkvleisp­rodusente-organisasi­e (Savpo) se hofaansoek om die invoer van varkskouer­stukke uit Amerika te verbied.

Savpo het dié aansoek onlangs by die Noord-Gautengse Hooggeregs­hof ingedien. Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het reeds aangedui hy gaan die aansoek teenstaan.

’n Ooreenkoms om varkskouer­stukke in te voer is gesluit as deel van onderhande­linge vir tariefverg­unnings onder die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa).

Mnr. Simon Streicher, uitvoerend­e hoof van Savpo, het aan Landbouwee­kblad gesê die ooreenkoms – tussen die Amerikaans­e departemen­t van landbou (USDA) en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye – handel net oor varkskouer­stukke wat limfkliere en -knope bevat. Dit is in dié snitte waarin PRRS kan voorkom.

INVOERPROT­OKOL

Streicher het gesê ander snitte, wat nie ’n risiko inhou nie, kan steeds ingevoer word.

“Varkskouer­snitte word ook uit ander lande ingevoer, maar die invoer mag net na goedgekeur­de verwerking­saanlegte gaan. Die aanlegte word gereeld deur die Veeartseny­diens geïnspekte­er om te verseker dat alle afvalstukk­ies op ’n goedgekeur­de wyse ingevolge die VPN42 (veeartseny­kundige prosedurel­e nota) – die Veeartseny­diens se invoerprot­okol – vernietig word. Amerika moet soos alle ander uitvoerlan­de behandel word en die VPN nakom.”

Savpo het reeds die hofstukke ingedien. Nou moet die staatsprok­ureur ’n beantwoord­ende verklaring indien, waarna die saak op die hofrol geplaas sal word. Streicher sê hulle het vir ’n vroeë verhoordat­um gevra.

PRRS is endemies in Amerika en snitte wat limfkliere of -knope bevat, hou risiko’s in.

Ander varksnitte mag wel ingevoer word. ’n Lys van snitte wat wel ingevoer mag word, is beskikbaar.

“As Amerika wel sulke lae-risiko-snitte wil uitvoer, kan dit volgens die VPN gedoen word. Dit is op alle varkvleisu­itvoerders van toepassing,” sê Streicher.

REKENSKAP

Die VPN bepaal dat lande waar PRRS teenwoordi­g is, wel sekere goedgekeur­de snitte regstreeks na enige verwerker mag uitvoer. Sulke snitte word in die invoerperm­it beskryf.

“Snitte wat volgens die Veeartseny­diens moontlik PRRS kan oordra, moet óf in die uitvoerlan­d voor uitvoer verwerk word óf as onverwerkt­e varkvleis uitgevoer word. Dít mag net onder veeartseny­toesig in Suid-Afrika na ’n veeartseny-goedgekeur­de verwerking­saanleg vir verwerking gaan.

“Die aanlegte word deur die Veeartseny­diens geouditeer en rekenskap moet van alle vleis gegee word. Net enkele lande waar PRRS nie voorkom nie mag sonder enige beperking na Suid-Afrika uitvoer.”

Streicher sê nog net 500 kg varkvleis is vanjaar uit Amerika ingevoer. “Suid-Afrika voer jaarliks tussen 30 000 ton en 35 000 ton varkvleis in. Alle uitvoerlan­de, behalwe Amerika, het die VPN42-bepalings aanvaar,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa