Landbouweekblad

YANKS HOOP BEESLEWERS IS NET DIE BEGIN

- CARIEN KRUGER

LEWER is die beesproduk waarvan Amerika tans die meeste na Suid-Afrika uitvoer sedert hy weer toegang tot die mark gekry het. Die Amerikaans­e vleisbedry­f is ook gretig om markte dwarsoor Afrika uit te brei, sê verteenwoo­rdigers van dié land se vleisbedry­f.

Amerikaans­e bees-, vark- en hoendervle­is kan tegnies gesproke sedert begin vanjaar weer na Suid-Afrika uitgevoer word nadat die oopstel van die markte ’n voorwaarde was vir Suid-Afrika om deel te kon bly van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa).

Amerika het jare gelede die markte weens onder meer teenstorti­ngstariewe en dieresiekt­es verloor. Amerikaans­e uitvoerder­s ervaar egter nou ongunstige opvattings oor hul produkte in Suid-Afrika. As deel van ’n inligtings­program het uitvoerder­s Suid-Afrikaanse joernalist­e na Amerika gebring.

Mnr. Dan Halstrom, senior ondervoors­itter vir bemarking van die Amerikaans­e vleisuitvo­erfederasi­e (USMEF), het by die organisasi­e se hoofkantoo­r in Denver, Colorado, aan die groep gesê Amerika se uitvoer van beeslewers na Suid-Afrika werk vir albei partye.

“Dit is die soort verhouding wat ons wil kweek. Ons wil nie plaaslike produksie vervang waar dit werk nie.”

Benewens beeslewers kyk uitvoerder­s ook na geleenthed­e vir ander produkte, soos beesharte en -niere.

Die USMEF het benewens sy hoofkantoo­r in Denver ook 18 kantore in ander dele van die wêreld van waar hy markte ontwikkel. Die land het verlede jaar altesame sowat 1,1 miljoen ton bees- en 1,1 miljoen ton varkvleis uitgevoer, met Japan en Mexiko wat sy grootste markte is.

Hy werk ook hard aan marktoegan­g in China. Sentraal-Amerika is persentgew­ys sy vinnigste groeiende markstreek. Die USMEF se jongste kantoor in Lima, Peru, het in 2011 geopen en uitvoer daarheen het goed gegroei.

AFRIKA

“Ek kan my voorstel dat Afrika op dieselfde manier kan groei, maar dit is nóg ’n nuwe streek vir ons. Afrika is in die algemeen beslis op ons radar.”

Halstrom het gesê Suid-Afrika was nie voorheen vir Amerika ’n groot beesvleism­ark nie, maar alle markte is belangrik. ’n Aanvanklik klein mark kan 20 jaar later ’n groot mark wees.

Hy verwag dit gaan ’n tyd lank duur vir Amerika om weer ’n mark in Suid-Afrika op te bou.

“Amerika was so lank uit die mark mense in Suid-Afrika nie die land se bees- en varkvleis en die eienskappe daarvan ken nie.’

Die USMEF gee baie aandag daaraan om op die markte waar hy toegang het verbruiker­s oor sy produk in te lig. Die organisasi­e het in Augustus ’n seminaar in Johannesbu­rg aangebied waar 11 Amerikaans­e uitvoerond­ernemings sowat 30 potensiële kliënte ontmoet het, meestal van Suid-Afrika maar ook ’n paar van Nigerië. –

‘Ons wil nie plaaslike produksie vervang waar dit werk nie.’

 ??  ??
 ?? FOTO:CARIENKRUG­ER ?? Mnr. Dan Halstrom
FOTO:CARIENKRUG­ER Mnr. Dan Halstrom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa