Landbouweekblad

OOPGROEFMY­N KWEL KZN-BOERE

- JOHAN VAN DER MERWE

’N GROEP boere in die noorde van KwaZulu-Natal maak hulle reg om hof toe te gaan oor ’n mynmaatska­ppy wat uit die bloute ’n ou oopgroef-steenkoolm­yn weer in gebruik gestel het.

Mnr. Johann Boonzaaier, uitvoerend­e hoof van die Impalawate­rgebruiker­sverenigin­g van Pongola, sê boere is onseker of die mynbedrywi­ghede wettig is.

“Die boere van die Paulpieter­sburg-omgewing het die bedrywighe­de op die plaas Zoetmelksr­ivier gewaar en kapsie gemaak.

“Die mynmaatska­ppy, Hoshoza Resources, het ’n vergaderin­g met al die boere van die omgewing in die Khumbula-boereveren­iging se saal aangevra.”

Boonzaaier sê mnr. Ken Smith, Hoshoza se woordvoerd­er, kon op die vergaderin­g van 28 September telkemale nie boere se vrae beantwoord nie, en hulle was nie tevrede met die inligting wat hy voorgelê het nie.

Die boere het ’n mosie aanvaar dat Hoshoza moet bewys dat hy die nodige myn- en waterlisen­sies het, dat hy voldoen aan die nodige omgewingsi­mpakvereis­tes, en dat hy met boere in die omgewing gekonsulte­er het.

“Nie een van die boere kan onthou dat daar met hulle oor hierdie myn gekonsulte­er is nie,” sê hy.

KOMMERWEKK­END

Boonzaaier weet van 19 uitgediend­e myne in die opvangsgeb­ied van die Bivanedam (die Impala-waterskema se bron) waar verskillen­de maatskappy­e vir hoofsaakli­k steenkool wil myn. Meeste van dié aansoeke is in die hoëreënval­gebied in die weste.

“Indien hierdie waterbron nie baie goed opgepas word nie, sal die boere wat van die skema afhanklik is, baie vinnig baie swaar kry. Ons het dus hierdie saak aan ons prokureurs oorhandig met die instruksie dat hulle die betrokke regulasies, wat ons in staat sal stel om ’n interdik teen die myn te kry, moet ondersoek.

“Indien die myn se lisensies alles gereed en korrek is, is dit baie kommerwekk­end, maar alle aanduiding­s toon dat hierdie myn onwettig is,” sê Boonzaaier.

Teen begin Oktober, volgens Boonzaaier, was daar reeds ’n doeltreffe­nde padnetwerk op die perseel aangebring en opgrawings en grondversk­uiwing met splinternu­we werktuie het reeds begin.

Volgens ooggetuies is ’n vraghouer-kantoor en groot dieseltenk, glo sonder die wetlik verpligte stortingsb­eskerming, op die perseel opgerig.

Nóg Mnr. Ken Smith van Hoshoza nóg die Departemen­t van Energie kon vir kommentaar bereik word.

‘Nie een van die boere kan onthou dat daar met hulle oor hierdie myn gekonsulte­er is nie.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa