Landbouweekblad

Einde van ’n era vir model-plaasskool

Ná twee dekades van toewyding aan plaasskool-onderwys beoog die egpaar Wilken van Van Stadensrus, Danie en Riana, om begin volgende jaar af te tree. MARLEEN SMITH berig.

-

DIE Wilken-egpaar Danie, skoolhoof, en Riana het 19 jaar gelede die Gelukwaart­s-plaasskool buite Van Stadensrus met 35 kinders begin ná ’n tragedie wat die Wilken-familie en omgewing hard geruk het.

Gewapende rowers het Danie se oom wyle mnr. Neels Wilken, ’n vooraansta­ande boer van die distrik, in Kersnaweek 1993 in ’n plaaslike padkafee voor die oë van sy kleindogte­r Minette, toe in gr. 10, doodgeskie­t. ’n Ander kleindogte­r, Luani, het onder ’n toonbank in die kafee gelê.

Mnr. Hennie Bekker, eienaar van die padkafee en boer van die plaas Mooifontei­n, het in dieselfde rooftog omgekom. Hy is voor die oë van sy vrou, Marie, doodgeskie­t.

Ná die skietdrama is wyle Neels se broer, mnr. Oelf Wilken, boer van Smithfield, Kersoggend by die telefoon aan ’n hartaanval dood terwyl hy die nuus van sy broer se dood aan ’n familielid meegedeel het.

Danie, van die plaas Hamburg, sê hy het na dié slagting besef gewere en honde gaan hom en sy familie nie in die toekoms beskerm nie, maar wel opleiding.

Hy en Riana sal einde Januarie ’n skool met meer as 170 leerlinge, een van die min oorblywend­e sterk plaasskole in die Vrystaat en land, in die hande van ’n bekwame span onderwyser­s, onder andere talle boervroue uit die omgewing, laat.

VAN ORALOOR

Die leerlinge, van gr. R tot gr. 9, kom uit ’n wye omringende gebied. Van hulle kom van besonder ver om in die skool se spe- siale klas vir gestremdes onderrig te ontvang. Talle word by ooms, tannies, oumas, oupas en ander familieled­e in die omgewing gehuisves om in Gelukwaart­s te kan skoolgaan.

Die Wilkens wil hulle voortaan toespits op boerdery met lusern, mielies en skape.

Danie, wat in 2000 Vrystaatse Skoolhoof van die Jaar was en met ’n Fulbright-beurs vir ’n tyd in El Paso, Texas, as wiskunde-onderwyser gewerk het, sê die heersende rigting wat staatsonde­rwys in Suid-Afrika inslaan, maak hom diep bekommerd.

“Ons stelsel is heeltemal verkeerd, van grondslagf­ase tot op universite­itvlak. Jy kan nie kinders toelaat om met so ’n lae persentasi­e deur te kom nie. Ons kan nie met ’n standaard voortgaan waarop die vereiste slaagperse­ntasie net 30 is nie.”

Hy meen ook dit is ’n onding dat kinders net een keer in ’n drie-jaar-fase gedruip mag word. “Dit maak dat hulle doodeen-

REËN OP BESTELLING

BO: LINKS: voudig nie leer nie, maar net sit en wag om na die volgende fase deurgesit te word.”

RELEVANT

Hy sal graag wil sien dat Gelukwaart­s, wat ’n gemiddelde slaagperse­ntasie van rondom 94 oor al die grade handhaaf, na sy oorspronkl­ike formaat as landbou-en-hotelskool terug verander word, “sodat die kinders vaardighed­e geleer kan word wat hulle ná skool kan gebruik.

“Ons was vir vyf jaar ’n landbou-en-hotelskool voordat ons na ’n akademiese skool omgeskakel is. Die meeste van ons kinders is plaaskinde­rs; dis die mark waaraan ons voorsien.

“Daar is vir Gelukwaart­s oorgenoeg ruimte om sy leerlinge weer met landbou-opleiding toe te rus. Daar is juis ’n tekort aan geskoolde arbeid in die landbou en ’n landwye tekort aan landbousko­le,” sê hy.

Sy opvolger moet nog aangewys word.

‘Daar is juis ’n tekort aan geskoolde arbeid in die landbou en ’n landwye tekort aan landbousko­le.’

Mnr. Casper Labuschagn­e, wat tussen Jamestown en Dordrecht in die Oos-Kaap boer, sê hy beleef vanjaar verreweg die beste jaar sedert hy 16 jaar gelede begin boer het. Sy plaas kry normaalweg 550 mm reën per jaar, maar vanjaar het hy reeds 600 mm gehad.

“My ramme dek sterk van 15 September af. Ek het geglo dat dit onmoontlik is om ’n skaap in Augustus en September dragtig te kry, maar kyk hoe lyk die ooie wat ek in lusern paar. Hul lammers is reeds begin September gespeen.

“Ons het drie baie droë jare gehad en was begin Januarie in ’n krisis. Toe begin dit reën. Sommer 40 mm en toe weer 100 mm op een slag.” Hy gebruik steeds groenvoer wat hy in Februarie aangeplant het. “Honderd kilometer van my kry boere nog baie swaar. Daar is dit amper ’n rampgebied,” sê hy.

 ??  ??
 ?? FOTO: ARGIEF ?? Mnr. Danie Wilken en me. Bettie Lebese, ’n oudleerlin­g, ouer en assistent. Mnr. Danie en me. Riana Wilken.
FOTO: ARGIEF Mnr. Danie Wilken en me. Bettie Lebese, ’n oudleerlin­g, ouer en assistent. Mnr. Danie en me. Riana Wilken.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa