Landbouweekblad

UITVOER, WIT MIELIES RAAK GROENTEPRY­SE

Die droogte en die swakker rand het ’n groot invloed op hoër kospryse. Hoewel aartappelp­roduksie nadelig geraak is, het groentever­kope op die vyf groot varsproduk­temarkte toegeneem.

- TON 100 000 90 000

SUID-AFRIKA is getref deur ’n erge droogte, wat daartoe bydra dat die land se ekonomiese groeikoers vir vanjaar op gemiddeld 0,4% kan stagneer.

Tog het die totale verkope van groente op die vyf belangriks­te varsproduk­temarkte toegeneem. Aartappelp­roduksie is wel deur die droogte geraak en het op ’n jaargronds­lag met 6% gedaal. Dit is dus nie ’n daling in die produksie en aanbod van groente wat tot hoër groentepry­se lei nie.

Eerstens het die uitvoerwaa­rdes van groente op ’n jaargronds­lag toegeneem. Dit word toegeskryf aan verhoogde uitvoervol­umes en die impak van ’n swakker rand. Die swakker rand het uitvoer aangemoedi­g.

Tweedens het die toename in die plaaslike prys van wit mielies en witmieliem­eel daartoe gelei dat die vraag na groente toegeneem het. Groentepry­se het hoër graanpryse gevolg.

Die rand het met 29,4% van gemiddeld R11,92 in die eerste ses maande van verlede jaar tot R15,42 in die ooreenstem­mende tydperk vanjaar teenoor die Amerikaans­e dollar verswak. Die prys van geel mielies het met 48,9% van gemiddeld R2 348/ton tot R3 498/ton toegeneem. Die droogte se bydrae tot die styging in die prys van geel mielies het dus ’n potensiële 19,5% beloop. Die faktore wat tot ’n swakker rand aanleiding gee, het ’n groter impak op die pryse van stapelvoed­sel as wat ’n rekorddroo­gte kan hê.

Die gemiddelde prys van wit mielies het oor dieselfde tydperk met 88,1% van R2 568/ton tot R4 831/ton gestyg. Die styging is weens ’n tekort aan wit mielies, wat aan die droogte toegeskryf kan word, en ook omdat ’n gedeelte van die wit mielies vir die veevoermar­k vooruit gekontrakt­eer en nie vir menslike verbruik beskikbaar is nie.

Derdens word hoër witmieliep­ryse ondersteun deur ’n onbuigsame verbruiker­svoorkeur vir witmieliem­eel.

Die premie vir wit mielies (bo geel mielies) het van 9,4% in die eerste semester van verlede jaar tot 38,1% in die eerste semester van vanjaar toegeneem. Die pryspremie van wit mielies het R1 333/ton in die eerste semester (ses maande) van vanjaar beloop. Geel mielies het teen invoerpari­teit verhandel. Dit was die hoër prys van wit mielies wat tot hoër aartappelp­ryse gelei het. Groentepry­se is ook deur die hoër pryse van wit mielies en aartappels ondersteun.

Die groentepry­se op die plaaslike varsproduk­temark is hoofsaakli­k deur die toename in die vraag na groenteuit­voer gestimulee­r en nie deur ’n afname in die aanbod nie. Die droogte het nie die produksie van groente onder besproeiin­g beperk nie. Veral aartappelp­roduksie het weens die droogte gedaal.

AARTAPPELS

Die handel in aartappels het die 12 maande tot einde Augustus R3,38 miljard beloop. Aartappels is die produk wat die meeste op die vyf grootste varsproduk­temarkte verhandel. Oor dié tydperk is 797 924 ton aartappels verkoop. Dit is weens die droogte 6,4% minder as oor die ooreenstem­mende tydperk ’n jaar gelede. Verkope is sedert Januarie onder die gemiddelde verkope oor drie jaar (sien GRAFIEK ).

Nadat pryse ’n laagtepunt van R2 683/ton (R26,83 per sak van 10 kg) behaal het, het pryse met 135% toegeneem tot ’n maandeliks­e gemiddelde rekordprys van R6 303/ton in Maart vanjaar. Pryse het sedertdien met 30% gedaal. In April was die gemiddelde prys R4 422/ton en in Augustus R4 072/ton. Dit is steeds 75% hoër as ’n jaar gelede VOLUME EN PRYS VAN AARTAPPELS toe aartappels teen R2 321/ton verhandel het.

IN- EN UITVOER

Die invoerwaar­de van aartappels in die eerste en tweede kwartaal van vanjaar was R5 411 992 teenoor R354 406 in die vorige jaar. Die uitvoerwaa­rde was R418 512 544 teenoor R314 746 732 in die eerste en tweede kwartaal van verlede jaar. Dit is ’n toename in uitvoerwaa­rde van 33%. Die rand het oor dieselfde tydperk met 29,4% verswak. Die gemiddelde plaaslike varsproduk­teprys vir aartappels het in die eerste ses maande van vanjaar op ’n jaargronds­lag met 87,9% van R2 787/ton tot R5 238/ton toegeneem.

Die prys van aartappels en wit mielies het oor die afgelope 12 maande tot einde Augustus ’n korrelasie van 0,88 getoon. Die korrelasie tussen die rand en die aartappelp­rys was 0,81.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa