SAAM-BOER WERK VIR INDIËRS
In Indië is daar kleinboer-gemeenskappe wat nie as bestaansboere beskou word nie, maar genoeg kos vir hulself lewer en nog baie produkte oor het om op plaaslike markte vir ’n inkomste te verkoop.
Dié land het ’n stelsel waarvolgens die boere in ’n gemeenskap in ’n mate saamwerk.
Ons het een so ’n dorpie in ’n klein vallei besoek waar twintig families, wat elk uit vyf tot sewe mense bestaan, saam boer. Politici staan aan die hoof van die dorpies.
Elke familie het sy eie stukkie grond van 1,5-2,5 ha waarop hulle hoofsaaklik groente, rys en suikerriet kweek. Alles word uit ’n nabygeleë dam besproei.
Daar is vier of vyf trekkers in die gemeenskap en die boere huur dit om hul grond te ploeg nadat ’n oes ingesamel is. As die grond voor planttyd weer losgemaak moet word, doen hulle dit met ’n houtwerktuig wat deur twee osse getrek word – gewoonlik Dangi-beeste, ’n inheemse ras in Indië.
Een van die familiegroepe het ’n vragmotor. Die ander boere verkoop hul produkte aan daardie groep, wat dit dan op die plaaslike mark gaan verkoop. Die pryse wat behaal word, hang van die vraag en aanbod af, soos in enige land.
Omdat elke gemeenskap se stukkie grond so klein is, boer hulle baie intensief. Gewasse word van kant tot kant geplant en hulle het vrugtebome gevestig op die oewers en op stukke grond langs paaie.
Die Ope Universiteit Yashwantrao Chavan Maharashtra in die Indiese streek Nashik is by die ontwikkeling van landbouvaardighede
ONS WAS DAAR
Charl van Rooyen, assistentredakteur van het Indië op uitnodiging van die bandevervaardiger BKT besoek. REGS: in sulke dorpies op die platteland betrokke, en verskaf leiding aan hierdie boere.
Hulle voorsien ook sade van gewasse en groente, asook vrugtebome, teen ’n lae koste aan die boere.
Dr. Prakash Kadam, akkerboukundige by die universiteit, sê hulle lei nie net studente op nie. Boere woon boonop praktiese kursusse op die kampus by, waar hulle in ’n hostel gehuisves word. “Ons leer hulle hoe om tegnologie te gebruik sodat hulle kan teruggaan na hul plase, dit daar toepas en doeltreffender boer,” vertel hy.
Die studente kan diplomas en grade verwerf, maar die boere gaan bloot daarheen om nuwe vaardighede aan te leer. Trouens, hulle lei tans meer bestaande boere as studente op.
Die boere woon lesings oor verskillende aspekte van boerdery by en moet dan eksamen skryf om te bepaal hoeveel hulle geleer het.
Almal hoef nie na die universiteit te reis nie. Die universiteit het ook agt opleidingsentrums in verskillende state van Indië.
Die landboufakulteit het toerusting om boere se grond te toets. Hulle stel vas watter soort grond dit is en beveel daarvolgens aan hoeveel kunsmis ’n boer vir spesifieke gewasse moet toedien om die beste oeste moontlik te maak.
Prakash sê die klein plase in Nashik is gemiddeld 2 ha groot. Party boere produseer op droë lande; ander het besproeiingswater. Die gebied kry gemiddeld 700-900 mm reën per jaar.
Die streek is bekend vir sy groente, veral uie, wat op baie groot skaal gekweek word.
Boere met skape of bokke hoef nie net hul eie grond te bewei nie, maar kan die vee ook na openbare eiendom aanjaag om daar te wei, soos langs paaie.
Die landboumaatskappy Afgri het onlangs besluit om ’n samewerkingsooreenkoms met ’n Indiese landboumaatskappy te sluit, met die gedagte om ’n stelsel vir grootmaathantering te ontwikkel en meer oor die bestuur van kleinboere te leer.