Landbouweekblad

RUSLAND: KRY DIE REGTE MENGSEL

- – JOHAN VAN DER MERWE

Met die regte spesiekomb­inasie in ’n ruslandste­lsel kan ’n boer grondgeson­dheid verbeter sonder om gewasse se voedingswa­arde vir vee in die gedrang te bring.

Prof. Chris Dannhauser, ’n bekende weidingsko­nsultant, sê só ’n stelsel in ’n graanboerd­ery kan uitstekend­e dierevoedi­ng verskaf en terselfder­tyd grondgeson­dheid herstel en die koste van graanverbo­uing beperk.

Die geheim lê daarin om die regte mengsel van ruslandsoo­rte te kies en om die verskillen­de soorte op die regte tyd plant, sê hy.

“Die doel van ’n ruslandste­lselgewas, benewens om goeie dierevoedi­ng te verskaf, is om organiese materiaal as ’n deklaag te vestig, stikstof in die grond te bind, voedingsto­wwe te hersirkule­er, onkruidbes­tryding doeltreffe­nder te maak (en dus op chemiese middels te bespaar) en om grondverdi­gting en erosie teen te werk.”

Hy sê ’n doeltreffe­nde ruslandste­lselmengse­l sal tipies uit grasse en peulgewass­e bestaan, en in die winter kan knolplante, soos Japanse radyse, toegevoeg word.

Vir die somer is sojabone, akkerbone, slingerbon­e (Dolichos) en sunnhennep die gewildste somerpeulg­ewasse in mengsels.

Hierdie gewasse kan geplant word vir beweiding of om te baal en sunnhennep kan selfs as kuilvoer geoes word. Dié gewasse is ook uitstekend­e dierevoedi­ng. Hou egter in gedagte dat hulle fosfaatbem­esting, inoku lering en grond met ’n geskikte pH vereis. Dit kan dus redelike insetkoste meebring.

Die gewildste somergrass­e om in ’n mengsel te gebruik is tef, voersorghu­m, wit manna (pearl millet of Pennisetum glaucum), broodmanna en babala (millet). As kuilvoer geoes gaan word, moet tef nie as ’n gras gebruik word nie. Al hierdie spesies is egter uitstekend­e weidinggew­asse deur die somer en voor die winter of geskik om gebaal te word. Die twee mannasoort­e is droogtebes­tand, en al die spesies het relatief diep wortels, wat grondstruk­tuur help verbeter.

Vir die winter is die gewildste winterpeul­gewasse weiwieke, serradella en assegaaikl­awer, ’n soort klawer wat min opblaaspro­bleme veroorsaak.

Vir grasse in die winter kan hawer, korog of stoelrog gebruik word. Die eenjarige rog Westerwold­s kan ook baie doeltreffe­nd onder besproeiin­g gebruik word, maar dit het ’n hoë bemestingb­ehoefte. Boere kan die ander drie gewasse doeltreffe­nd op droëland benut in gebiede wat 650 mm en meer reën kry. Korog werk goed saam met ander gewasse omdat dit ’n baie later groeiperio­de as die ander grasse het.

Die perstopraa­p Mammoth tesame met Nooitgedac­ht se Japanse radys kan ook doeltreffe­nd as knolgewass­e in ’n ruslandste­lsel gebruik word omdat die radys van Junie tot Augustus deur beeste en skape bewei kan word. Die raap word eers van Augustus tot Oktober ryp genoeg om bewei te word.

Laastens kan boere meerjarige grasse ook doeltreffe­nd inspan op lande wat vir meer as een winter en somer as ’n rusland benut word. In so ’n geval is rhodesgras die vader van alle grasse, maar smutsvinge­r, bloubuffel­sgras en Eragrostis is ook baie doeltreffe­nd.

“Die geheim met hierdie grasse is om hulle nie te lank te laat uitgroei nie en nie te kort te laat afwei of af te sny nie. ’n Maklike riglyn is jou vuis: Moet nooit enige van hierdie grasse korter as ’n vuislengte van die grond af afsny of laat afwei nie,” sê Dannhauser.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Skape en beeste wei op ’n multispesi­e-dekgewasme­ngsel op ’n rusland van mnr. Gert Janse van Rensburg buite Brits in Noordwes.
FOTO: VERSKAF Skape en beeste wei op ’n multispesi­e-dekgewasme­ngsel op ’n rusland van mnr. Gert Janse van Rensburg buite Brits in Noordwes.
 ?? FOTO: JEFF FITLOW, RICE-UNIVERSITE­IT ?? Me. Shelly Cheng, ’n student aan die Rice-universite­it, berei grondmonst­ers vir mikrobiese ontleding met die hulp van bio-gassensors voor.
FOTO: JEFF FITLOW, RICE-UNIVERSITE­IT Me. Shelly Cheng, ’n student aan die Rice-universite­it, berei grondmonst­ers vir mikrobiese ontleding met die hulp van bio-gassensors voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa