Landbouweekblad

BAKTERIEË GENETIES GEMANIPULE­ER OM GRONDLEWE TE MEET

-

’n Mikroskopi­ese metode waarmee organismes se gedrag in die grond regstreeks “gelees” kan word sonder om ’n grondmonst­er te versteur, is deur wetenskapl­ikes aan die Rice-universite­it in Amerika ontwikkel.

Die Rice-navorsers meen die nuwe gasbiosens­ors wat hulle ontwikkel het, sal landbouwet­enskaplike­s in staat stel om onder meer die mikrobiese proses van stikstofbi­nding eerstehand­s in die laboratori­um te bestudeer.

Die sensors bestaan uit bakterieë wat op ’n sintetiese wyse geneties gemanipule­er is om metielhali­edgasse vry te stel, waarmee die mikrobes se genetiese uitdrukkin­g in ’n grondmonst­er dopgehou kan word.

Die bakterieë word geprogramm­eer om gasse vry te stel sodra hulle DNS met organismes in die grond uitruil. Dít stel navorsers in staat om die werking van mikrobiese gemeenskap­pe in die grond regstreeks te monitor sonder dat die grond versteur hoef te word.

Die Rice-span voorsien dat hul geprogramm­eerde biosensorb­akterieë dieselfde doel kan dien as die fluoressen­sie-proteïense­nsors wat omgewingsw­etenskapli­kes reeds gebruik om proteïen-uitdrukkin­g en ander prosesse in biologiese stelsels te meet.

Die GM bakterieë se gasvrystel­ling verteenwoo­rdig ’n nuwe werktuig wat wetenskapl­ikes nou kan gebruik om te bestudeer hoe verskillen­de soorte mikrobes genetiese materiaal in hul omgewing uitruil.

Hierdie soort uitruiling beheer byvoorbeel­d die proses waarmee Rhizobia stikstof bind om plante te help groei.

Soortgelyk­e uitruiling van genetiese materiaal vind plaas wanneer bakterieë in die grond weerstand teen antibiotik­a oordra.

Die wetenskapl­ikes hoop om binnekort met die hulp van dié nuwe biosensors grondmonst­ers in die laboratori­um te toets en daarvolgen­s beter aanbevelin­gs aan boere te maak.

Dit kan mettertyd doeltreffe­nder wateren misstofver­bruik bewerkstel­lig. – MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa