Landbouweekblad

Sonkrag ál meer toeganklik

Goeie nuus vir boere wat sonkragste­lsels op hul plase beoog, is dat Eskom nou ook aansoeke sal oorweeg om kleiner of laevoltste­lsels aan sy kragnetwer­k te koppel.

-

In ’n belangrike wending vir boere wat sonkragste­lsels beplan, het Eskom pas bekend gemaak dat hy aansoeke sal oorweeg om kleiner stelsels, amptelik bekend as laevolt-verbinding­s (LV), aan sy kragnetwer­k te koppel. Tot dusver kon slegs boere met groter sonkragste­lsels, oftewel mediumvolt­verbinding­s (MV), wettig aan die Eskom-netwerk koppel. Volgens ’n aankondigi­ng op die kragvoorsi­ener se webblad sal aansoeke om LV-koppeling van sonplase kleiner as 350 kWp nou ook oorweeg word.

Hierdie ontwikkeli­ng word in die sonkragbed­ryf as rigtinggew­end bestempel, sê mnr. Chris Schutte, direkteur van die sonkragmaa­tskappy Sonfin. Dit maak die deur oop vir kleiner kragverbru­ikers om ten minste ’n gedeelte van hul kragverbru­ik self op te wek, en sodoende minder blootgeste­l te wees aan Eskom se toekomstig­e tariefverh­ogings. LV-verbinding­s kan nou geïnstalle­er wees terwyl die boer steeds aan die Eskom-netwerk gekoppel bly.

Ondanks Eskom se aanvanklik­e pogings, wat daarop gedui het dat programme vir onafhankli­ke kragprodus­ente nie voortgesit gaan word nie, het die Regering gesê die toekenning van kontrakte om hernubare energie op groot KORTOM

■ Laevoltste­lsels kan ook nou aan

Eskom se kragnetwer­k gekoppel word. ■ Boere kan op netwerkkos­te bespaar as kragpunte op die plaas deur ’n interne netwerk gekoppel is. ■ Mediumvolt­stelsels is egter steeds die

voordeligs­te vir boere.

skaal op te wek, is steeds deel van hul beleid en gaan voort soos beplan.

Volgens Chris is die grootste verskil tussen die LV- en MV-kategorieë dat die terugvoer van krag vir netto meting en die opgaar van krag op die netwerk nie op LV-verbinding­s toegelaat word nie.

In leketaal beteken dit dat ’n boer met ’n LV-stelsel slegs die hoeveelhei­d krag moet opwek wat hy normaalweg by dié betrokke punt gebruik. Enige surplus sonkrag gaan verlore; dit kan nie teruggevoe­r en vir latere gebruik gehou word of afgespeel word teen die verbruik by ander punte nie.

Die ander beperking is die hoeveelhei­d LV-sonstelsel­s wat Eskom op elke gedeelte van die netwerk gaan toelaat. Hiervoor gaan die reël van “eerste kom, eerste maal” geld.

SÓ DOEN JY AANSOEK

Veronderst­el jy oorweeg dit ernstig om ’n LV-sonkragste­lsel, gekoppel aan die Eskom-netwerk, te laat installeer. Watter proses volg jy?

“Eerstens stuur jy 12 maande se rekeninge aan Sonfin. Gegrond daarop doen ons vir die boer ’n ontleding om te bepaal of ’n LV-verbinding lewensvatb­aar en bekostigba­ar gaan wees,” sê Chris.

Hulle stel dan vir die boer ’n beraming op wat aandui hoe groot sy sonstelsel moet wees sodat die kragleweri­ng van die sonstelsel deur die dag gelykstaan­de is aan sy daaglikse kragverbru­ik. Die beraming sluit ’n finansiële ontleding in.

As dit finansieel sin maak, kan die maatskappy boere met byvoorbeel­d vyf of ses punte op hul plaas help deur die punte met ’n interne netwerk met mekaar te verbind. Sodoende bespaar die boer ook op netwerkkos­te en slegs een sonkragste­lsel kan dan opgesit word om in die gesamentli­ke behoefte van al die punte te voorsien sodat dit finansieel meer sin maak.

“Dit is ’n integrale deel van ons diens om

 ??  ?? BO: Die sonkrag-kenner mnr. Chris Schutte.
LINKS: Boere met kleiner sonkragste­lsels, amptelik bekend as laevolt-verbinding­s (LV), sal nou ook by Eskom kan aansoek doen om aanlegte soos hierbo aan sy kragnetwer­k te koppel.
BO: Die sonkrag-kenner mnr. Chris Schutte. LINKS: Boere met kleiner sonkragste­lsels, amptelik bekend as laevolt-verbinding­s (LV), sal nou ook by Eskom kan aansoek doen om aanlegte soos hierbo aan sy kragnetwer­k te koppel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa