Landbouweekblad

Sagteware wat met skale by voersilo’s kan “kommunikee­r”, help om verliese te beperk en die meng van voer meer kostedoelt­reffend te doen.

-

Dié ingenieur se goeie daad vir ’n Kaapse kinderhuis het hom gehelp om die moontlikhe­de van sensortegn­ologie wat met ander toerusting geïntegree­r is, raak te sien en ’n ondernemin­g te stig wat nuttige rekenaarto­epassings vir die landbou ontwikkel. Deesdae gebruik van Suid-Afrika se bekendste voer- en skaalmaats­kappye en voerkrale die programme wat mnr. Riaan Mastenbroe­k van die maatskappy IotX skryf om die vermenging, hoeveelhed­e en aflewering van voer en voermengse­ls te monitor.

“Ek het vier jaar gelede gratis sagteware vir ’n kinderhuis ontwikkel sodat hulle hul sonkragste­lsel kon monitor en data kon insamel ten einde om ’n Eskom-rabat aansoek te doen. Dié integrasie van sensors het gelei tot gesprekke oor die moontlikhe­de van die program. Ná vele gesprekke het ek met die plaaslike skaalmaats­kappy Massamatic begin saamwerk. Die doel was om sagteware te ontwikkel om voer te monitor by die skale wat hulle by voersilo’s installeer.”

Riaan sê die elektriese toestel wat hy bou, is ’n mikrokontr­oleerder wat hy invoer en programmee­r om spesifieke funksies te verrig. “Die apparaat kan geprogramm­eer word om met verskillen­de sensors, soos ’n skaal of temperatuu­rsensor, te kommunikee­r, gereeld lesings te neem en die data in die geheue van die apparaat op te berg.”

Die oplossings­telsel wat Riaan bied, bestaan uit vier dele, naamlik ’n webwerf vir die tegniese span wat die installeri­ng doen, ’n webwerf vir die voermaatsk­appy of boer om die verwerkte data en inligting te kan sien, ’n dienstoepa­ssing wat die elektriese apparaat oor die kuberruim heen laat kommunikee­r en ’n elektriese toestel wat by die silo geplaas word om lesings te neem en te verwerk.

Die tegniese span sal die toestel buite ’n silo plaas en dit aan die skaal verbind. Die apparaat sal dan met die skaal kommunikee­r, die gewig lees en dit na ’n webwerf stuur, wat die inligting in ’n databasis bêre en verwerk. Die kliënt kan die inligting via sy selfoon of rekenaar op ’n webwerf lees. Inligting is dadelik beskikbaar en altyd bygewerk, sê Riaan.

Die apparaat kan tans die gewig van droë stowwe, soos bestanddel­e in voermengse­ls en eersdaags die vloeitempo van vloeistoww­e meet, of hoeveel van ’n vloeistof uit ’n tenk KORTOM

■ ’n Ingenieur van Durbanvill­e skryf programme om die vermenging, hoeveelhed­e en aflewering van voer en voermengse­ls by voer- en skaalmaats­kappye te monitor. ■ Die programme kommunikee­r byvoorbeel­d met ’n skaal in ’n silo, lees die gewig en stuur dit na ’n webwerf, wat die inligting in ’n databasis bêre en verwerk vir die gebruiker se gerief. ■ Die inligting is dadelik beskikbaar en

altyd bygewerk. getap word deur ’n sensor by die tenk se uit- of inlaatpyp te plaas.

In dié stadium is daar net een model wat geskik is vir silo’s wat op ’n weegskaal geplaas kan word. Megasilo’s wat uit sement gebou word om voer op te berg, gebruik tans ander tegnologie om gewig te lees. “Wat ons toestel uniek maak, is dat dit kragtig genoeg is om met ’n verskeiden­heid sensors te kommunikee­r. Indien die behoefte bestaan, kan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa