Duitse boere mik vir meer as net boedery-inkomste
Op sowat een uit elke drie plase in Duitsland het boere, benewens hul boerdery-inkomste, bykomende bronne van inkomste geskep. Nico van Burick het onlangs van hierdie plase besoek op die wêreldkongres vir landboujoernaliste in Bonn.
KORTOM
■ Plase in Duitsland word ál groter en boere moet alternatiewe inkomstebronne soek. Boere in die land kom dikwels onder skoot deur omgewingsbewuste lede van die publiek en onkundige politici. Landboutoerisme groei vinnig en lok jaarliks sowat 4,5 miljoen mense.
Ondanks sy hoë bevolkingsdigtheid word die helfte van Duitsland se grondgebied vir die landbou benut. Meer as €50 miljard (R789 miljard) se produkte word jaarliks op sowat 270 000 plase gelewer – dit maak Duitsland se landbou-sektor die vierde grootste in die Europese Unie, naas Frankryk, Spanje en Brittanje.
“Die landbou is die ekonomiese ruggraat in talle landelike gebiede en 11% van alle werknemers (4,5 miljoen) is daarby betrokke,” vertel mnr. Gerd Sonnleitner, ere-voorsitter van die Duitse landbou-unie (DBV).
“Familieboerderye belê jaarliks sowat €11 miljard (R173 miljard) in hul boerderye. Die meeste daarvan gaan vir behuising en toerusting vir lewende hawe. In Duitsland en Europa woed daar voortdurend ’n woeste en dikwels emosionele debat oor die geskikte behuising vir diere, sowel as dieresorg.”
Boere kry maklik opdraand van die publiek en politici wat niks van boerdery af weet nie – veral as hulle intensief of naby stedelike gebiede boer. Omgewingsbewustes LIGGING takel veral bees- en varkboere en selfs ’n aarbei-boer het vertel hoe hy onder skoot gekom het oor die plastiekstroke waarbinne die aarbeie geplant word omdat dit “visuele besoedeling” is.
Dit is een van die groot redes waarom baie boere na alternatiewe bronne van inkomste