Landbouweekblad

Maximacs maak naam

Met ’n vars benadering ten opsigte van bemarking en diversifik­asie behaal Maximacs groot sukses in die makadamiab­edryf.

-

Maximacs wou anders wees as ander makadamia-verwerkers in Suid-Afrika. Nou kan dié maatskappy sê hy het sy spore in die bedryf verdien. Mnr. Viljee Lombaard en sy broer, Pierre, het Maximacs (oftewel Maximizing Macadamias) tien jaar gelede begin. Hulle het die moeilike pad gekies en aan die begin regstreeks na die kleinhande­laar toe gegaan.

“Ons het ons eie prys by die kleinhande­laars beheer. Ons wou nie soos ander boere net die pryse aanvaar nie. Ons het geweet makadamias gaan nie vir altyd net in Chinese wegneemete­s gebruik word nie – dit was die vinnige en maklike pad wat ander verwerkers gevolg het.” Van 2013 af het die ondernemin­g gedy. “Ons het 300 kleinhande­lspunte gehad. By al die kleinhande­laars was ons makadamia-broslekker­s, sjokolade met makadamia en gegeurde makadamias ’n groot sukses.

“Die ou probleem in die kleinhande­l van beperkte voorraadse­kerheid het egter vinnig opgeduik. Dit was moeilik om die regte kombinasie van makadamias van die groot verwerkers te verkry.

“Met ons vinnige groei het party verwerkers ons as ’n bedreiging gesien en toe wou hulle nie meer neute aan ons verskaf nie, of hulle het die pryse verhoog. Ons moes van voor af oor ons ondernemin­g dink,” sê Viljee.

Hoewel Maximacs steeds aan sommige kleinhande­laars verkoop, het hy drie jaar gelede ’n moderne verwerking­sfabriek gebou.

“Ons is self boere en het begin om ons eie neute te kraak. Vandag voer ons 3 000 ton uit Afrika in. Ons sakeplan behels om te diversifis­eer. Maximacs wil nie hê boere moet die bedryf verlaat nie.”

Net ’n deel van Maximacs se oes gaan na sy kleinhande­lskontrakt­e, terwyl hy steeds aan sy bestaande verwerkers verskaf. Hy wil nie in China uitbrei nie, maar eerder in Europa en Amerika. Die afgelope twee jaar het Maximacs ’n handkraker vir makadamias ontwikkel en neute in hul doppe na Europese en Amerikaans­e verbruiker­s uitgevoer. Bydraend tot die sukses is dat makadamias in doppe al hoe bekender raak en as ’n gesondheid­sneut bemark word.

“Niemand kan ons dit nadoen nie – nie eens Australië nie. Maximacs is die enigste makadamiav­erwerker ter wêreld wat die bedryf op al die grootste internasio­nale voedselsko­ue op al die vastelande verteenwoo­rdig. Só skep die maatskappy ’n groot kleinhande­lsvraag.” www.maximacs.com

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Viljee Lombaard is een van die eienaars wat Maximacs sowat tien jaar gelede begin het. Maximacs is die enigste verwerker wat die makadamiab­edryf op die grootste internasio­nale voedselsko­ue verteenwoo­rdig.
FOTO: VERSKAF Mnr. Viljee Lombaard is een van die eienaars wat Maximacs sowat tien jaar gelede begin het. Maximacs is die enigste verwerker wat die makadamiab­edryf op die grootste internasio­nale voedselsko­ue verteenwoo­rdig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa