Landbouweekblad

Suurlemoen-enklapperk­oekies

- Die Koekiefles, Die Koekiefles

Die suurlemoen maak hierdie koekie verfrissen­d en lig, maar dit is die tekstuur wat dit spesiaal maak. Die buitekant is soet en bros en die binnekant sag en klam.

125 g botter, by kamertempe­ratuur 200 g witsuiker 2 eiers Fyngeraspe­rde skil van 2 suurlemoen­e 20 ml vars uitgedrukt­e suurlemoen­sap 1,5 ml geel voedselkle­ursel

NUUT OP DIE RAK

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Klop die botter en witsuiker tot lig en romerig. Klits geleidelik die eiers, suurlemoen­skil, suurlemoen­sap en geel voedselkle­ursel by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam, voeg die klapper by en vou dit by die bottermeng­sel in. Rol opgehoopte eetlepels vol van die deeg in balletjies en rol dit in die gesifte versiersui­ker. Sit die balletjies, sonder om dit plat te druk, 5 cm uit mekaar op die bakplaat. Bak 13-14 minute tot die bokante barsies kry en die koekies opgepof is. Laat koel die koekies sowat 3 minute op die bakplaat af en haal dit dan op ’n draadrak uit. Lewer 40 koekies. Lisa Clark is ’n bekende sjef en kosstilis wat in Kaapstad woon en werk. In haar 19 jaar in die kosbedryf en sy al vir verskeie tydskrifte, agente en kommersiël­e produsente resepontwi­kkeling en stilering gedoen. Haar splinternu­we boek,

is ’n versamelin­g van 100 resepte vir koekies en beskuit wat werklik iets vir elkeen bied. Gesonde glutenvrye en ‘vegan’opsies word ingesluit, asook ’n paar southappie­s vir diegene met minder van ’n soettand. Dit is ’n boek wat elke bakker op haar kookboekra­k moet hê – en ook almal wat die koekieblik­ke moet vol maak vir die lang somervakan­sie! word deur Struik uitgegee en kos R200.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa