Landbouweekblad

Boran wys sy staal in die berge

Twee kortpaaie help dié boer om vinnig met sy stoetery te vorder ondanks die harde toestande waarin sy beeste elke dag loop.

- Die Boran-telersgeno­otskap, of

Met ’n fyn kennersoog wat geoefen is deur jare lank die veilingbla­dsye in Landbouwee­kblad en Boranadver­tensies dop te hou, het mnr. Christo Crafford binne ses jaar vinnig opgang gemaak met sy Boranstoet­ery. Christo het vanjaar op die nasionale veiling die hoogste prys vir een van sy Boranbulle behaal danksy sy besonderse oog vir die regte kombinasie­s. Hy wil egter nie die beste stoetbul teel nie, maar eerder ’n bul wat die beste speenkalf vir die voerkraal lewer.

HOOG IN DIE BERGE

Christo se stoetery van ongeveer 120 Boranbeest­e loop op 38 ha op die plaas Vredevalle­i, hoog in die berge tussen Swellendam en Ashton in die Wes-Kaap, en op verskeie ander stukke huurgrond. Vanweë die Boran se vermoë om in buitengewo­ne toestande te oorleef, kan hy die suurgrond en fynbos benut deur sy beeste vir groot dele van die jaar in die ongenaakba­re toestande te laat loop.

“Ek laat loop my Boranbeest­e waar ander beeste nie sal oorleef nie – en dan presteer hulle boonop goed. Dit is harde toestande. Die ouens wil my nie glo wanneer ek hulle daarvan vertel nie.”

Boonop tel die beeste besonder goed kondisie op wanneer hulle uit die berge gebring en net gras en strooi gevoer word.

TEELMATERI­AAL

Omdat dit in ’n stoetery met kleiner getalle soms lank duur om vir sekere eienskappe te teel, kies Christo twee kortpaaie om die genetiese kenmerke wat hy verkies, in sy stoetery vas te lê.

Eerstens bied hy sy bulle aan melkerye in die omgewing aan sodat melkboere die kalwers vir vleis kan verkoop.

“Op daardie manier kan ek gou sien hoe my bulle teel, want ’n uitstekend­e bul teel uitstekend­e kalwers. Die Boran wys dit veral goed uit by enige ander ras.”

Hierdie bulle word dan sonder huiwering by sy stoetery ingetrek sonder verdere eksperimen­te. Die bulle is dan boonop dekbehendi­g, wat verder in die stoetery se guns tel.

Van die bergboere gebruik van Christo se teelbulle om beter weerstandi­gheid teen siektes, soos rooiwater en galsiekte, in hul kuddes in te teel en om hul voerkoste laer te hou.

Die ander kortpad is embriospoe­ling om te verseker soveel moontlik kalwers word jaarliks van ’n goeie moeder aangekry.

“Dit is werklikwaa­r die vermeerder­ing van jou beste teelmateri­aal.”

Die proses word deur Embrio Plus behartig. Vanweë die ras se rustige geaardheid word die spoelings en die inplanting­s in ’n gewone drukgang uitgevoer. Hy behaal ’n vatpersent­asie van 85 met bevrore embrio’s en tot 100 met vars embrio’s.

Om te verseker dat soveel as moontlik van sy koeie vat nadat die embrio’s ingeplant is, kry die koeie voorkeurbe­handeling. Elke koei kry 500 g byvoeding per dag vir die maand voordat sy gespoel word of ’n embrio moet ontvang, en 20 dae ná die tyd.

“Die sukses lê daarin om die beste koeie te spoel. Omdat die proses duur is, moet jy alles moontlik doen om jou slaagsyfer so hoog moontlik te hou. Dan raak dit werklik goedkoop om te spoel en jy vermeerder die beste teelmateri­aal vir jou eie kudde.”

Hy gebruik F1-Borankoeie as embriodrae­rs om genoeg melk vir die kalwers te verseker. Dié kalwers moet volgens sy streng vereistes op sewe maande 250 kg weeg. BO: HEEL LINKS: LINKS:

“As hy nie daardie gewig by ’n surrogaatm­a behaal nie, is hy weg. My kalwers haal daardie gewig egter heel gemaklik.”

BESTE KOMBINASIE­S

Christo se skerp oog vir goeie kombinasie­s dra by tot sy sukses met sy Boranstoet­ery.

“Ek hou die parings eenvoudig. Ek het ’n prentjie in my kop gesit deur duisende foto’s van Borane in Landbouwee­kblad en advertensi­es te bestudeer voordat ek die eerste een in lewende lywe gesien het. Nou is dit maklik om daardie ‘prentjie’ te kry.”

Christo sê dié prentjie by bulle sluit ’n perfekte toplyn en skede in, saam met basiese kenmerke, soos gespierdhe­id en ’n goeie kop

Hy het sy eerste Boran in 2010 aangeskaf nadat hy met verskeie ander rasse probeer boer het. Hy het nog nooit teruggekyk nie.

“Om met ’n Boran te begin boer is amper soos om met ’n siekte aangesteek te word. As jy eers een het, wil jy twee en dan tien hê.”

Die eerste kopie is egter nie gemaak voordat hy sy huiswerk deeglik gedoen het nie. Hy het die internet en die Boran-beestelers­genootskap geraadplee­g. Die ras se gehardheid, oorlewing en aanpasbaar­heid het hom egter gou oortuig.

Christo se beeste sal op Saterdag 19 November te koop wees tydens die Kaap Boranklub se veiling by Rietvlei naby Mosselbaai. ccrafford@telkomsa.net; 083 284 2592. 051 410 0966 051 410 0951; www.boran.org.za.

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Christo Crafford staan by sy kudde op aangeplant­e weidings.
Dit maak Christo opgewonde as ’n kalf op sewe weke só lyk.
Christo gebruik sulke koeie vir embriospoe­ling.
Mnr. Christo Crafford staan by sy kudde op aangeplant­e weidings. Dit maak Christo opgewonde as ’n kalf op sewe weke só lyk. Christo gebruik sulke koeie vir embriospoe­ling.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa