Landbouweekblad

Mnr. Christophe­r Sparks, voorsitter van die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie, skryf oor die sukses van die Vleisbeess­kool wat by Aldam in die Vrystaat gehou word.

-

en ook die skep van ’n nuwe visie vir 2020 en daarna.

Met meer as 30 plaaslike en internasio­nale sprekers kan geen ander landbougel­eentheid by dié omvangryke deelname deur bedryfslei­ers kers vashou nie.

VERBRUIKER­S

Bespreking­s sal belanghebb­endes, soos internasio­nale kundiges, die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie, die voerkraalb­edryf, die kleinhande­l en produsente, insluit. Die vraag sal aan hulle gestel word: Wat wil die verbruiker hê en watter rol moet elke betrokkene in die waardekett­ing speel om aan daardie verwagting­e te voldoen?

Die veebedryf gaan deur ’n moeilike tyd en die tyd is nou ryp om nuwe beleggings in die bedryf te maak. Dit werp vrugte af. Vir elke $1 wat byvoorbeel­d deur die Australies­e veebedryf in navorsing oor vleisgehal­te belê word, kry daardie beesboere $12,50 se waarde terug.

Ons borge sê hulle kry groot waarde uit hul deelname aan die Vleisbeess­kool en dat hulle getuies van die groei en ontwikkeli­ng van hul klante is. Die produsente beweeg nader aan die voerkraalb­edryf en kleinhande­lsektor. Elkeen is besig om die ander se probleme ál beter te verstaan en hulle werk saam om groter waarde vir die produk te bewerkstel­lig. Belanghebb­endes beweeg uit hul “ivoortorin­gs” en maak beter kontak met die mense op grondvlak.

DANK AAN BORGE

Ons sê dankie aan ons borge wat op groot skaal tot die sukses van die Vleisbeess­kool bydra. Ons het ’n goeie verhouding met die hoofborg, Pick n Pay, wat al 14 jaar betrokke is. Hulle het oor die jare baie van ons besigheid geleer en ons van hul besigheid.

Nóg ’n belangrike borg is RCL Foods, wat in elke opsig ’n vennoot is. Unistel-laboratori­ums, die voorste DNS-laboratori­um in Suid-Afrika, is ook sedert die begin betrokke. BKB borg die Volledighe­id van Prestasie-eerbewyse wat ál belangrike­r word. Ons dank ook aan Zoetis, die Land Bank, Sparta, Taltek en Rudd-produkte.

Ons verwelkom graag hierdie borge, die boere en ander belangstel­lendes by vanjaar se Vleisbeess­kool.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die Vleisbeess­kool bestaan nie net uit teoretiese lesings nie. Kursusgang­ers kry ook die geleenthei­d om die verband tussen bouvorm en karkasgeha­lte prakties te ervaar.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die Vleisbeess­kool bestaan nie net uit teoretiese lesings nie. Kursusgang­ers kry ook die geleenthei­d om die verband tussen bouvorm en karkasgeha­lte prakties te ervaar.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa