Landbouweekblad

’n Boer van die Oos-Kaap is daarvoor beloon dat hy die afgelope tien jaar die meeste vordering getoon het met sy boerdery.

-

Mnr. Mninawa Hargreaves Qotoyi van Mountain Dew is vanjaar se wenner van die Pick n Pay en Rudd-skale se eerbewys vir die Boer met die Beste Vordering in die afgelope tien jaar.

Hy het sy eerste plaas in 2002 in die distrik Elliot in die OosKaap gekoop nadat hy eers op kommunale grond geboer het. In 2007 het hy nóg grond gekoop. Hy boer tans op 1 576 ha van sy eie grond, terwyl hy nóg 500 ha byhuur. Hy bedryf ’n gemengde boerdery wat vertakking­s vir vleisbeest­e (Bonsmaras), wol“Die skape (Dohne-Merino’s) en ’n melkery (Jerseys) insluit.

In sy stoetery het hy 180 Bonsmarako­eie wat in ’n normale jaar ’n speenperse­ntasie van 86 en ’n gemiddelde speengewig van 220 kg handhaaf. Sy dektyd begin in Desember en duur tot in Maart. Hy laat dek die verse die eerste keer op twee jaar en handhaaf ’n verhouding van ongeveer 30 koeie per bul. Sy mediumraam­koeie weeg ongeveer 450 kg, wat ideaal vir sy omgewing is.

Hy verkoop bulle aan plaaslike boere, terwyl die uitskotdie­re aan voerkrale verkoop word. Dit is ’n uitstekend­e, hoogs produktiew­e kudde.

DOHNE-MERINO’S

Vir sy Dohne Merino-kudde het Mninawa twee dektye (MeiJunie en September). Hy het vanjaar ’n uitstekend­e besetting van 95% behaal en die gemiddelde speenperse­ntasie is ’n ewe indrukwekk­ende 135.

Die ooie weeg ongeveer 55 kg en speen ’n lam van gemiddeld 28 kg, terwyl die ooie ’n wolvag van tussen 3,5 kg en 4 kg lewer, met ’n gemiddelde veseldikte van 21 mikron. Alle uitskotdie­re word plaaslik verkoop.

Die melkery word vanaf aangeplant­e weidings bedryf. Daar is 24 koeie in melk en hulle lewer elk 17-20 liter melk per dag.

Hoewel hy graag kunsmatige inseminasi­e (KI) sou wou toepas, maak die praktiese bestuur van die kudde dit moeilik en hy gebruik dus natuurlike dekking.

Mninawa verskaf werk aan 14 mense. Hy is ’n uitstekend­e boer en ’n waardige wenner van die eerbewys as die Boer met die Beste Vordering in die afgelope tien jaar.

 ??  ?? Mnr. Mninawa Hargreaves Qotoyi.
Mnr. Mninawa Hargreaves Qotoyi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa